Titel: Woes-skryfkompetisie 2011 skop af! - Skryf nou in!
Weergawe: 1
Aantal woorde: 436
Kere gelees: 1445
Datum gepubliseer: 04 Oct 2010
Die oomblik het uiteindelik aangebreek waarvoor Afrikaanse aspirant-skrywers gewag het. Op 4 Oktober skop die Woes-skryfkompetisie 2011 met ’n allemintige pryswaarde van R100 000 af.
Met hierdie kompetisie kry mense wat nog nooit voorheen in ’n sekere genre gepubliseer het nie die kans om hul slag te wys. “Ons hoop om met hierdie kompetisie as ’t ware nuwe ‘stemme’ aan uitgewers en publikasies voor te stel. Dit is soms al hupstoot wat ’n aspirant-skrywer nodig het – om raakgesien te word tussen al die bekende name en reeds gepubliseerde skrywers,” vertel Willem Gous, eienaar van die webwerf www.woes.co.za met sy bykans 6 000 geregistreerde gebruikers.
Nog ’n lekkerte is dat daar ’n verskeidenheid kategorieë is om aan deel te neem. Nie net is daar ’n afdeling vir gedigte nie, maar ook vir rubrieke, kortverhale, artikels en kinderverhale. Deelnemers kan inskryf vir kategorieë waarin hulle nog nooit voorheen gepubliseer is nie. Dit beteken dus dat ’n gepubliseerde digter wel in die kategorie van rubrieke kan inskryf, maar nie in die kategorie vir gedigte nie.
Teen ’n skamele inskrywingsfooi van R75 kry deelnemers die kans om pryswaarde van ten minste R100 000 in te palm. Hierdie pryse sluit onder andere in kontant, publikasiemoontlikhede en wegbreeknaweke. LAPA Uitgewers is die hoofborg van die kompetisie en Rapport, die mediavennoot. Die ATKV se projekteafdeling en amptelike tydskrif, Taalgenoot, is van die ander rolspelers wat hierdie kompetisie ondersteun. Die tydskrif De Kat speel ’n unieke rol in die Woes-skryfkompetisie 2011 deurdat hul lesers uiteindelik deel gaan vorm van die finale beoordelingsproses.
Saam met hierdie kompetisie loods www.woes.co.za ook die eerste van ’n reeks mentorskapprogramme. Daar word afgeskop met ’n mentorskap oor die skryf van rubrieke en meningstukke. Teen slegs R299 word programdeelnemers gelei om vyf rubrieke vir moontlike publikasie aan uitgewers en publikasies voor te lê. Wat hierdie mentorskapprogram uniek maak, is dat dit mense bemagtig om hul eie skryfwerk te beoordeel en te verbeter. Daar word beplan om die mentorskapprogramme mettertyd na ander genres uit te brei.
Die sluitingsdatum van die Woes-skryfkompetisie is 30 April. Wenners sal in Julie 2011 tydens ’n vyfster-galageleentheid by die boetiekhotel Forum Homini net buite Johannesburg aangewys word.
Reëls en inskrywingsvorms vir die mentorskapprogram en kompetisie sal vanaf 4 Oktober op www.woes.co.za te siene wees.
Kliek hier om in te skryf en die reels te sien
Vir onderhoude, advertensie- en borgskapmoontlikhede kontak Morné van Staden by 083 257 3441 of morne@woes.co.za. Meer inligting oor die kompetisie en die mentorskapprogram is te kry by Marlize Leyden by leydenmarlize@gmail.com.
Lees ander Woes-nuus artikel deur Willem Woes
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die nuusstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie nuusstuk
Lees soortgelyke Woes-nuus artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae

Woes-Nuus
Gedigte

deur Warra-Warra
Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)