Titel: Woes-skryfkompetisie skop af!
Weergawe: 1
Aantal woorde: 275
Kere gelees: 505
Datum gepubliseer: 07 Sep 2010
Aandag alle skrywers! Aandag alle skrywers! Hark julle rekenaars nader, gaan soek daardie skryfsels wat jy lank gelede al geskryf het en intussen nog niks verder mee gedoen het nie, want op 4 Oktober 2010 skop die skryfkompetisie van die webwerf www.woes.co.za af.
Voornemende deelnemers kan solank hul vingers op die “send”-knoppie hou, want oor minder as vier weke het ongepubliseerde skrywers ’n geleentheid om hul stem te laat hoor.
Hierdie skryfkompetisie, wat op 1 Oktober afskop, het ’n pryswaarde van nie minder as R50 000 nie. Wegbreeknaweke vir die kategoriewenners (geborg deur Forum Homini), publikasiemoontlikhede (ondersteun deur LAPA Uitgewers) en blootstelling in die Sondagkoerant Rapport is deel van die pryse wat deur die wenners opgeraap kan word.
Die kategorieë waaraan deelnemers kan inskryf, is legio: rubrieke, gedigte, kortverhale en kinderverhale. (Reëls, meer besonderhede en inskrywingsvorms sal vanaf 1 Oktober op www.woes.co.za beskikbaar wees.)
Die sluitingsdatum is 30 April. Wenners sal in Julie 2011 tydens ’n vyfster-gala-geleentheid by die boetiekhotel Forum Homini aangewys word.
Saam met hierdie kompetisie loods www.woes.co.za ook die eerste van ’n reeks mentorskapprogramme vir ingeskrewe lede van die woes-webwerf. Daar gaan afgeskop word met ’n mentorskap oor die skryf van rubrieke en meningstukke. Wat hierdie mentorskapprograme uniek maak, is dat dit mense bemagtig om hul eie skryfwerk te beoordeel en te verbeter. Daar word beplan om die mentorskapprogramme mettertyd na ander genres uit te brei.
Vir onderhoude kontak Willem Gous by woes@woes.co.za. Vir advertensie- en borgskapmoontlikhede kontak Morné van Staden by 083 257 3441 of morne@woes.co.za. Meer inligting oor die kompetisie en die mentorskapprogram is te kry by Marlize Leyden by leydenmarlize@gmail.com.
Lees ander Woes-nuus artikel deur Willem Woes
Raporteer foute/ongewenste inligting rondom die nuusstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie nuusstuk
Lees soortgelyke Woes-nuus artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur

Woes-Nuus

deur tribalmoon
Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.