Titel: Woes toekennings 2007
Weergawe:
Aantal woorde: 558
Kere gelees: 2023
Datum gepubliseer: 11 Dec 2007
Die eerste Woes toekennings het uiteindelik aangebreek en glo my ook dat dit nie die laaste gaan wees nie.
Van die kategorieë is die Woes lesers en skrywers gevra om te stem maar die meeste van die kategorieë is die wenners deur myself gekies en ek glo die kategorie name sal self beskrywend wees om te weet waaroor dit gaan. Die kategorieë wat ek gekies het was nie op gestem nie aangesien dit data uit die databasis is wat die wenner aanwys en so is dit baie regverdig.
Kategorie: Meeste werk publiseer
Wenner: Berg
Kategorie: Meeste interne eposse gestuur
Wenner: Tribalmoon
Kategorie: Meeste interne eposse ontvang
Wenner: annelie
Kategorie: Meeste kommentaar op ander skrywers se werk gelewer
Wenner: Meraai vannie baai
Kategorie: Meeste kommentaar ontvang op een stuk werk
Wenner: Stilte vul my leemtes - http://www.woes.co.za/gedigte/vertoon/2528.htm
Die werkstuk “Die boom” het wel meer as 200 kommentare maar word gebruik as ‘n boodskap bord vir ‘n paar gebruikers en is nie kommentaar oor ‘n stuk werk nie en kan dus nie vir hierdie kategorie in ag geneem word nie.
Kategorie: Meeste kommentaar ontvang op alle werkstukke
Wenner: Meraai vannie baai
Kategorie: Werk meer as 25,000 kere gelees
Wenners:
ANTJIE
Fikkels
Louis Basson
Tanja Marx
Kategorie: Werk meer as 50,000 kere gelees
Wenners:
natasha dutton
Christo Nel
Bart
Geraldine Paulsen
Kategorie: Werk meer as 75,000 keer gelees
Wenner: Meraai vannie baai
Kategorie: Woest alleen - Die Woester wat die verste of mees afgeleë van Suid Afrika is wat gereeld ‘n bydrae lewer.
Wenner: Meraai vannie Baai
Kategorie: Doring in my vlees - Die skrywer wat tonge die meeste laat klap. Iemand wat regtig dinge onder die Woes skrywers warm maak. Amper soos die neef waarvan die familie nie praat nie maar almal weet van hom.
Wenner: Oscar Willebeest
Kategorie: Uitblinker - Die skrywer met die meeste potensiaal. Iemand wat in jou opinie ‘n goeie kans staan om wel publiseer te word.
Wenner: Sonvanger
Kategorie: Kontroversie - Die skrywers wat die mees kontroversiële werk instuur.
Wenner: Vlek
Kategorie: Skaterlag - Die skrywer wat beste humor bydraes lewer.
Wenner: Meraai vannie Baai
Kategorie: Sagste hart - Die skrywer wat die beste liefdesgedigte skryf.
Wenner: Sonvanger
Kategorie: Rambo - Die skrywer wat onder baie moeilike omstandighede steeds ‘n gereelde bydrae lewer.
Wenner: Danie
Kategorie: Kampvegter - ‘n Skrywer wat jy van weet wat regtig uit hulle pad gaan om almal van Woes bewus te maak. Iemand wat ‘n Woes T-hemp onder hulle werksklere dra net ingeval daar ‘n letterkundige noodgeval iewers opduik.
Wenner: Meraai vannie Baai
Kategorie: Moeder van ‘n duisend - ‘n Vroue skrywer wat haarself ontferm oor nuwe skrywers en regtig ander skrywers probeer help om op hulle voete te kom en hulle talent te beoefen.
Wenner: Meraai vannie Baai
Kategorie: Vader van vele - ‘n Manlike skrywer wat homself ontferm oor nuwe skrywers en regtig ander skrywers probeer help om op hulle voete te kom en hulle talent te beoefen.
Wenner: Christo Nel
Ek wil net al die wenners gelukwens en hoop dat julle hierdie toekennings as ware toekennings sien wat hulle verdien het omdat hulle kreatiewe skrywers is. Ek vra dat alle wenners hulle pos adresse na my stuur sodat ek julle sertifikate kan pos. Stuur jou adres na wen@woes.co.za. Die sertifikate sal ongelukkig eers in Januarie 2008 gepos word.
Groete,
Willem Woes
Lees ander Woes-nuus artikel deur Willem Woes
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die nuusstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie nuusstuk
Lees soortgelyke Woes-nuus artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae

Woes-Nuus
Gedigte

deur adnama
Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.