Woes-Nuus

Titel: Woes Woord en Vriende fees

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kom ontmoet die mense wie se gedigte en stories jy altyd lees, kyk ’n bietjie hoe lyk hulle ... Nuuskierig? Ons ook! Die Woes Woord en Vriende fees is daar om Woes in ’n ander dimensie te plaas. Ons beweeg vanaf  kuberruimte tot sosiale ontmoet-mekaar! Hier is vir julle ‘n platform waar ongepubliseerde digters hul gedigte kan voordra.  Jou geleentheid om daardie treffer met ander te deel. Ontmoet Willem Woes, met gasvrouens Carol Williams en Lana Lowe,  compére Liezel van der Westhuizen, (geliefde omroepster van Radio Jakaranda), Ilse Rademeyer, ’n bekende Spaanse danseres, bekendes van glans tydskrifte .... So, nou is jou kans om jou gedigte te laat lewe! Kom sien en word gesien !! Vir die van julle wat dalk nie self die voordrag wil doen nie, het ons ’n gesoute voorleser, Toinette, wat dit (gratis) sal voordra. Dit geld ook vir diegene wat die heuglike dag ongelukkig nie met ons kan meemaak nie. So laat ons weet sodat ons Toinette namens jou kan bespreek. Ja – julle sal selfs van ou bekendes van oor die waters kan hoor en hulle werke geniet. Die fees is tweetalig en sien uit daarna om Afrikaanse, sowel as Engelse digters op die platform te plaas. Nou, bietjie meer inligting oor die plek, tyd en verdere verrigtinge ... Bespreek jou plek deur ‘n epos te stuur na fees@woes.co.za Plek:                GRENADINE Restaurant, Moreleta Park (Klik hier vir kaart) Datum:            Saterdag, 12 Mei 2007 Tyd:                 15:30 vir 16:00 ~ 19:00 Toegang:         R50-00 pp. (Sluit vrugtesap en verversings in) Die Woes Woord en Vriende fees is in samewerking met CafeWild wat alle rëelings vir hierdie fees tref.

Program

16:00:

Verwelkoming Compére     (Liezel van der Westhuizen) Kort praatjie (Willem Woes ) Hoekom is ons hier? Verversings + Leer mekaar ken 16:30 Gaskunstenaar 16:50 WOES-”Breakfast-Run” – Die volgende Woes fees (Linnie) 17:00 Gedigte vanaf heinde en ver   (Toinette) Voordrag-Tyd    (Woesters) 17:30 Spaanse Dans (Ilse) 17:45 Verversings 18:00 Gedigte vanaf heinde en ver   (Toinette) Voordrag-Tyd   (Woesters) 19:00  Afsluiting



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar