Woes-Nuus

Titel: Woesters gesoek vir advertensies

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons is besig met die beplanning en produksie van ’n reeks advertensies wat in Rapport, Vrouekeur, DEKAT en Taalgenoot binne die volgende paar maande gaan verskyn en wil graag regte-egte Woesters as modelle gebruik om vir die wêreld te wys dat jy nie noodwendig ’n akademikus, kunstenaar of antisosiale kluisenaar hoef te wees om te kan skep nie.

Ons is op soek na vier mense om deel te wees van hierdie interessante geleentheid. Die vier kandidate moet ongelukkig in die Gauteng-area wees aangesien ons jou graag by jou huis of werk wil afneem. Stuur vir ons ’n epos met ’n foto, jou naam, adres en ouderdom voor 30 September na web@woes.co.za en verduidelik in 100 woorde hoekom jy dink jy moet deel wees van hierdie projek.

Of jy dus nou ’n huisvrou, ’n advokaat, onderwyser, boer of paneelklopper is, gryp hierdie geleentheid aan om te wys dat www.woes.co.za dié plek is waar mense van verskillende beroepe en vlakke van die lewe bymekaar kom om te skep en mekaar inspireer om te skep.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar