Woes-Nuus

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Woes se eerste Woord & Wyn aand was ‘n belewenis! Die aand het vinnig afgeskop met Willem wat ‘n mooi boodskap aan alle Woes-lede gerig en almal bedank het dat hulle die Afrikaanse taal aan die gang hou en laat “rock.”

Woes-digters wat opgetree het was Carol Williams, 35k north, Vulletjie, Barend Steenkamp, Liezl, Drakenoof, Christa en Mariska. Vonnie, Werner Wehmeyer en Donkie Dans se gedigte is deur ons drie bekwame voorlesers voorgedra.

Twee boekbekendstellings, waaronder Nini Bennett se digbundel,Kodeks en James J Andrews se boeke, The Marion Deception en The Adamas Agenda, het groot aftrek gekry.

Dries Wiid (pianis), Vitulari Cantores en ELLE het vir sangnommers deur die aand gesorg. Die program het glad verloop en ons vriendelike Woes-gehoor het die deelnemende digters met applous en positiewe kommentaar gou laat tuisvoel op die verhoog.

Baie dankie aan al die deelnemers, gaste en ook aan almal wat die aand nie kon meemaak nie, maar boodskappe met goeie wense gestuur het.

Kom ons maak weer so!
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    VuurWerke

    deur die Posman

    n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar