Ek haal die pen stadig uit my hart, en begin dan nou vir jou in bloed te skryf: "AC het op skool reeds kortverhale begin skryf, maar tans skryf hy meestal gedigte. Hy glo hy kry sy skryftalent van sy oupa en sy ma,...
Die woorde waai in my gedagtes rond, skop hier en daar n bietjie stof op,elkeen kry 'n lêplek op die bed van my hartkamers, sweef in die gange van my gedagtes, en vang die klank en aroma op van my taal geliefd.
Ek is maar 'n amateur skrywer, weet maar min maar leer gou. Ek is nogal soos 'n spons en drink graag al die oulike goed in wat op die Woes Blad is. Ek lief lag en grappe maak want die ou lewe is so onderstebo...
Die diepste gedeelte van my hart se punt is in my taal omskryf in die wind. Die woorde val vanaf my tong tot binne die pappier se bron. Ek skryf, ek lag, ek speel en huil. Niemand, maar niemand, sal my emosie sien skuil.
deur Rachelle du Bois
Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.