Gebore: 29 Mei, 1992 Ek het op laerskool begin gediggies en kort stories skryf, en doen dit tot vandag toe. Musiek, gedigte, kortverhale en visuele kuns is my passie. Ek glo dat dit die beste anti-depressant vir enige mens is, en dat dit die enigste...
Ek is 'n tuisbly-ma met twee woelige dogtertjies. Om te skryf en kreatief te wees laat my ontspan. En dit help my om weg te breek van die somtyds chaos wat my lewe so vul! Ek het in Januarie 2011 begin blog en dit het...
Vir my, om julle werk te lees, is salf, lafenis, giggelgoed, bewonderig, dankbaarheid en aansporing. Die liefde vir woorde is 'n lekker ryk liefde en soms kom lê hy sag en warm in jou gees, soos 'n gladde spoelklip wat op die rivieroewer in die...
deur Rachelle du Bois
Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?