AardigeAfrikaner se profielblad

AardigeAfrikaner

Inligting oor AardigeAfrikaner

Premium+ Lid Premium+ Lid

Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale, Gedigte, Resensies, Jeugverhale & Gorrel

Lid vir 8 jaar 10 maande 1 dag


Ek wou al van ek leer lees het ook skryf.  Op skool het ek eerder gediggies as briewe geskryf want na aanleiding van hoe voorgeskrewe gedigte geinterpreteer was het dit voorgekom of mens enige tjol kan skryf en iemand iewers sal weldra n dieper betekenis tussen die lyne vind.  Ek kon eksamens makliker slaag met rympies as met briewe.  Tog het die gogga van dig sy kloue diep in my ingeslaan en ek kon nognie daarvan ontslae raak nie.  My beste gedigte, na aanleiding van die reaksies daarop, kom na my en ek voel gedwonge om dit te skryf.  As ek self probeer dig kom dit maar swak uit.

Wie en wat is ek?  

Gebore in Bloemfontein, baba in Oos-Londen, kleuter in Kaapstad, skoolgegaan in Port Elizabeth, man geword in Pietersburg, getrou in Port Elizabeth, my oudste twee gebore in Port Elizabeth, jongste verwek in Lower Hutt (Nuwe Seeland).  Het al gewerk in Port Elizabeth, Pretoria, Pietersburg, Engeland, Skotland, Duitsland en Nuwe Seeland waar ek myself tans bevind. 

Huidiik werkloos en gediagnoseer as skizo-affektief versteurd weens ek oortuig is die Heelal kommunikeer met my asof dit n persoon is en weens my emosies die skaal van huidiglik aanvaarbaar as normaal grense oorskry.  Ek het n N diploma in Telekommunikasie elektronika, n BA graad in Sielkunde en n BAHonn in Godsdienswetenskap.  Meanwhile lees ek al vandat ek kan alles en nog wat.  Ek is fanaties oor waarheid en strewe al lewenslank na wysheid. 

Die liefde van my lewe is my kinders en ek dra al my skrywes hier en op blogit op aan Armand, Danielle en Jeandre in die besonder en almal wat ek lief het oor die algemeen.  My muse was vir dekades lank die spookbeelde van n meisie op wie ek in my jong dae te verlief geraak het en net nie uit my gedagtes kon kry nie.

Ek hoop my skrywes inspireer iemand om outentiek te lewe en die grense van die alledaagse voortdurend te oorskry in n strewe na n meer en meer betekenisvolle bestaan. 



AardigeAfrikaner se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 1,975
Totale kommentaar : 3,626
Aantal mense wat die bydraer volg : 14

Geen nuwe bydraes deur AardigeAfrikaner

 

DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar