Bydrae-kategorie: Gedigte
Lid vir 2 jaar 2 maande 2 weke 2 dae 22 ure 8 minute
Ek is 38, maar dink soms nog soos 'n kind. As die lewe vir my te swaar of seer raak, skryf ek dit neer en voel sommer beter. Daar is niks wat my so lekker kan laat huil soos ;n gedig of lirieke van 'n lied nie. Meeste mense dink ek is oppervlakkig, want ek vermy die swaar en diep gesprekke...daar is net te veel seer en te min lag. Dit is wat my die meeste van gedigte pla...om oor die seer te skryf kom so maklik, maar om oor die lag te skryf, wel daar is min woorde wat daarmee rym. Ek hoop my kinders sal eendag hierdie gedigte op die Net kan ontdek en iets van hul ma leer wat ek nie nou vir hulle kan se nie. Sekere ervarings moet jyself ervaar om te kan se jy het gelewe, al maak dit seer.
Vir 'n loopbaan is ek in die Suid-Afrikaanse Polisie. Ek geniet my werk elke dag, daar is niks met die organisasie verkeerd nie, net met die mense wat reels en regulasies interpreteer soos dit hulle pas.
Behalwe my 2 pragtige dogters het ek nog niks bereik waarop ek werklik trots kan wees nie. As kind het ek altyd gebid dat ek net gelukkig moet wees en liefgehe moet word, noudat ek ouer is dink ek beide is relatiewe begrippe vry vir interpretasie.

Adele B se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 15
Totale kere gelees : 3,040
Totale kommentaar : 28
Aantal mense wat die bydraer volg : 1
Geen nuwe bydraes deur Adele B

