Afrikaans-Ekspo vir hoërskole se profielblad

Afrikaans-Ekspo vir hoërskole

Inligting oor Afrikaans-Ekspo vir hoërskole

Bydrae-kategorie: Kortverhale

Lid vir 5 jaar 11 maande 3 weke 18 ure 3 minute


Die projek: Afrikaans-Ekspo vir Hoërskoolleerders is 'n opwindende skole-kompetisie wat jaarliks vir leerders en onderwysers landwyd verskeie uitdagings bied. Skole vanuit al 9 provinsies neem deel. In 2005 was daar reeds meer as 220 skole en 12 000 leerders by die Ekspo betrokke.


Die Afrikaans-Ekspo fokus veral op leerders se kreatiewe hantering van Afrikaans. So word Afrikaans by die jeug bevorder en hierdie tieners leer hulle mede-Afrikaansgebruikers ook beter ken en verstaan. Die Ekspo is ingestel op leerders wat Afrikaans Primêre Taal, Afrikaans Eerste Addisionele taal en Afrikaans Tweede Addisionele taal op skool neem.


Leerders wat Afrikaans Primêre taal en Afrikaans Eerste Addisonele taal as vakke neem, kan in die volgende kategorieë deelneem: prosa (wat insluit kortverhale, essays, drama) poësie, musiek en liriek, visuele voorstelling van gedigte, strokiesprente/fotoverhale, navorsingsprojekte, literêre vertaling, nuwe uitdrukkings en idiome en koerantplakboeke. Leerders wat Afrikaans as Tweede Addisionele taal op skool neem, kan in die volgende kategorieë deelneem: langer skryfstukke, plakkate met idiome, visuele voorstelling van voorgeskrewe gedigte, ‘n redenaarskompetisie, asook die samestelling van koerantplakboeke. Die kategorieë is so gekies dat dit die ideale voertuig in die klaskamer is vir UGO (uitkomsgebaseerde onderwys) en aan die onderwyser die geleentheid bied om potensiële kategorie-inskrywings by klaswerk te inkorporeer.


Die Afrikaans-Ekspo vir Leerders vind op drie vlakke plaas, nl. plaaslik, provinsiaal en nasionaal. Die beoordelaars wat provinsiaal en nasionaal beoordeel, is almal spesialiste op hulle gebied en is verbonde aan tersiêre inrigtings in die verskillende provinsies.


Die nasionale prysuitdelingsfunksie van 2006 vind op 16 September plaas. Interessante pryse kan gewen word en sertifikate en medaljes word aan wenners toegeken.


Vir verdere navrae skakel Tania van Rooyen by (012) 420 5831, of stuur 'n faks na (012) 420 5832 of e-pos na tania@afrikaansekspo.org.za. Die finale sluitingsdatum vir die registrasie van skole is 17 Februarie 2006. Skole moet geregistreer wees om leerders te kan inskryf.


Mentorskap program

Mentorskapprogram

Leer meer oor skryf en word deur 'n mentor op jou pad gehelp.

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar