Bydrae-kategorie: Kortverhale & Gedigte
Lid vir 3 jaar 2 weke 4 dae 7 ure 34 minute
Ek is 'n 49 jarige weduwee. Drie seuns. Langdon 26jr, Clayton 23jr en Martin 22 jr. In 2004 het Lupus my jongste seun aangeval en sy niere totaal vernietig. Dit was 'n opdraande stryd met hom 9 weke in die hospitaal, 2 keer in ICU, wat ons gedink het ons verloor hom. 'n Vriendin het eendag aan my genoem dat ek gedigte moet skryf. Ek het geglo ek kan nie, want ek het dit nog nooit probeer nie. Daardie aand in die hospitaal het ek begin skryf, en wonder bo wonder het dit al die seer binne soveel ligter gemaak. Vandaar het ek dan begin met gedigte. Dis die enigste manier hoe ek met my onderstebo emosies kan deel, deur 'n tipe van brief in die vorm van 'n gedig aan God te skryf. My man is drie maande gelede oorlede aan kanker, nadat hy 'n jaar tevore gediagnoseer is met die kanker. Hierdie skrywery help my baie, want dit is asof ons Vader dan 'n pleister op die stukkende plek plak.

Alta Taylor se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 4
Totale kere gelees : 2,573
Totale kommentaar : 15
Aantal mense wat die bydraer volg : 3
Geen nuwe bydraes deur Alta Taylor

Woes-Nuus
Resensies
Gedigte
Artikels
Rubrieke

deur NVT
Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.