Bydrae-kategorie: Rubrieke, Kortverhale, Gedigte & Musiek en lirieke
Lid vir 2 jaar 7 maande 1 week 2 dae 7 ure 45 minute
My verlede is 'n plaaggees
my hart vol roet,
my hede vol slampamper
gif in my gemoed,
ek kyk na einders
na wat more sal bring,
terwyl my gees 'n requiem sing,
tog staan ek vader
vir my desperate hoop,
anders word ek van lewe
en vrouwees gestroop,
nou dans my vingers oor klawers
laat woord in dig kristalliseer,
dat prismas in my denke
dalk ander iets kan leer,
die passie in my bloed
die hunker binne my
sal jy nou tussen woorde
in my verse kry
So lees goed,
lees diep
roem jy lees my raak
pasop dat jy nie deel word
van my pen se verraad
want hy ken die kuns van sluier
selfs ontbloot as hy moet
maar hy is en bly die meester
van my geheime en my goed...
© 2010 Almarie Truter
Volg gerus hierdie link en kyk na foto's van my wereld , my weskus!
http://www.facebook.com/album.php?aid=2041120&id=1596063949&l=fc4c231a63
Ek behou kopiereg op al my geskrewe werke geplaas.
ammiemoon

ammiemoon se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 917
Totale kere gelees : 214,008
Totale kommentaar : 9,539
Aantal mense wat die bydraer volg : 54
Nuuste bydraes deur ammiemoon die afgelope 7 dae

Woes-Nuus
Gedigte

deur Trixie
'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.