Azalea se profielblad

Azalea

Inligting oor Azalea

Bydrae-kategorie: Gedigte

Lid vir 5 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 5 ure 22 minute


Nou hoe gemaak? .... Dis mos nou makliker om oor ander te praat as oor jouself! ;-))

Wel hier gaan dit..my hele ( of nee..stukkie van my pedigree...;-))

Ek is in Krugersdorp gebore en getoë. Ek is 'n traumaberader in my vryetyd..(vryetyd?..soms wonder ek wat dit is!!). Het heeltemal teveel energie vir 1 mens!....tipies Gemini!

My sonstraaltjie ... aangenome dogtertjie 12jr. herinner my elke dag aan die wonder van die lewe, aan die mooi. Om saam met haar op 'n ontdekkingstog te gaan, deur 'n kind se oë die wonders opniet te ondek, laat mens besef dat ons die mooi in die lewe onbewustelik deur ons vingers laat glip.

Swakpunte.... Ek is absoluut dol oor kinders..dink hulle is die wonderlikste spesie ooit geskape! ....Is verslaaf aan die natuur in al sy verskillende fasette, daarom dan ook 'n 'travel freak'! .... & seker my grootste swakpunt wat my duur te staan kom..spoedvraat! Musiek ... dans... dis 'n groot passie ....musiek is mos die taal van die siel!

Probeer ook so nou & dan dig...talent wat ek miskien te laat ontdek het...maar geniet dit terdeë!




In kort...ek is mal oor die lewe, ons mense, ons kultuur en ons taal!

Azalea


© Kopiereg voorbehou


picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar