Babbelien se profielblad

Babbelien

Inligting oor Babbelien

Bydrae-kategorie: Kortverhale & Gedigte

Lid vir 13 jaar 10 maande 1 week 4 dae 5 ure


Waar kom ek aan 'n skuilnaam soos Babbelien? Wel. ek was nog maar net 'n "twinkle" in my pa se oog toe my vier-jarige boetie sê dat hy 'n sussie met bruin oë wil hê en wat haar naam moet wees. Ons Hemelse Vader het hom sy sin gegee met die oë en alhoewel ek my ouma se tradisionele familie name gekry het, word Babsie toe my noemnaam, ook net soos hy dit wou hê. Later jare het hierdie einste broer besluit sy dertienjarige sussie praat te veel en Babsie word toe Babbelina en Babbelina het so mettertyd "Babbelien" geword onder die skoonfamilie en so is dit tot vandag toe nog.
Toe ek nou vir myself 'n skuilnaam moes gee, kon ek nie aan 'n beter naam as "Babbelien" dink nie, juis omdat ek op papier kan babbel en babbel ....... en selfs brabbel as ek wil.

Lewer asb. kommentaar, (al is dit negatief) want al hou ek van babbel, wil ek baie graag ook beter leer skryf.

Groete,
Babbelien.



VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar