BB se profielblad

BB

Inligting oor BB

Bydrae-kategorie: Gedigte & Musiek en lirieke

Lid vir 12 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 20 ure


Duits-Namibiër gebore en getoë. Ek sing met passie, skryf met nog meer...

'n Digter? Nee! 'n Rymelaar? Ja! Beslis...

Ek skryf oorspronklike liedjies in Afrikaans, Engels en Duits - in verskeie style - vir manlike en vroulike kunstenaars en doen vertalingswerk. Ek vertaal ook met groot gemak onder andere gedigte en liedjies uit enige een van hierdie tale.

♫♪Ons Storie in 'n Song♫♪

Kontak my gerus vir opdragwerk. Ek skryf en toonset/komponeer ook persoonlike liedjies vir TROUES en verjaarsdae (ideale oorspronklike geskenk vir 'n spesiale geleentheid - of vir die een wat reeds alles het!!)

Jy kry 'n oorspronklike liedjie - met musiek verwerk in die genre van jou keuse (ballade, kontemporêr, country, sokkie ens.) en stemopname asook 'n 'backtrack' vir jou eie gebruik/optrede indien jy sou verkies om die liedjie self by die geleentheid te sing.

Vertel my jou (julle) storie en wat jy (julle) wil sê - en ek skep iets vir 'n spesiale herinnering - in woord en klank.

Ek tree ook gereeld op en word genooi vir motiverings- en vermaaklikheids praatjies vir dames van alle ouderdomme by kombuistees, van koek-en-tee oggende in die kerksaal tot skemerkelkies. Die praatjies word afgewissel met gepaste liedjies en temas.

Kom kuier, lees en luister gerus :

www.birgit.co.za


© Outeursreg: Birgit Barrett (Skuilnaam: BB) | Alle Regte Voorbehou. Geen gedeelte(s) van my gedigte, lirieke, liedjies of foto’s mag gereproduseer word op enige manier hetsy meganies of elektronies, insluitende fotokopiëring, mikroverfilming of enige ander stelsel vir inligtingsbewaring, sonder my voorafgaande, skriftelike toestemming nie.
Alle lirieke/komposisies is by SAMRO gemeld.



Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar