Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale & Gedigte
Lid vir 3 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 23 ure 27 minute
Dis die tweede keer dat ek hierdie blad verstel. My woorde het opgedroog en ek lewe soos 'n kluisenaar op die oomblik. Die redes daarvoor is nie belangrik nie. Wat wel belangrik is, is die feit dat ek die een lewensles na die ander leer en dat ek dit binnekort kom deel met julle. Sommige mense mag dit dalk nie goedkeur nie, ander sal begrip daarvoor hê.
Soms neem die lewe mens op ver paaie, dis waar ek tans is, daar waar dit ver is. Vergewe asseblief my onbetrokkenheid, dit sal binnekort verbeter. Julle is steeds vir my kosbaar, ek het bloot verleer om oor koeitjies en kalfies te gesels. Daar is soveel seer in die lewe dat dit my effe onkant gevang het. Wanneer is seer te seer om daaroor te praat? Hiermee bedoel ek nie slegs eie seer nie maar die van ander, mense wat elke dag blymoedig tegemoed gaan terwyl hulle onder sulke swak omstandighede leef dat dit jou sal verbyster.
Ons praat binnekort weer. Ek het baie te vertel, vir die wat sou belangstel.

Bigfoot se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 196
Totale kere gelees : 96,003
Totale kommentaar : 1,927
Aantal mense wat die bydraer volg : 46
Geen nuwe bydraes deur Bigfoot

Woes-Nuus
Gedigte
