Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale & Gedigte
Lid vir 12 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 22 ure
Verlede keer toe ek my profiel verander het, het ek gesê ons praat binnekort weer. Dit is nou egter meer as 'n jaar later en ek het nog nie weer iets geplaas nie. Die redes is eenvoudig. Die lewe het my geleer dat die storms waardeur ek destyds is, bloot 'n sagte bries was. Nou weet ek wat 'n storm regtig is.
Daar is nie altyd fondse vir data nie maar ek sal voortaan gereeld kom inloer. Ek sien uit daarna om weer al die ou vriende/vriendinne hier raak te loop sowel as nuwe vriende te maak.
Sit maar die veiligheidsgordels aan want die rit gaan rof wees. Indien iemand nie hou van wat ek gaan skryf nie, wees dan maar geduldig met my want ek sê dinge soos dit is.
Ek wil ook apologie aanteken aan almal wat pos gestuur het sonder dat ek dit beantwoord het. Die winde van die lewe het egter sterk gewaai en ek was vir 'n lang tyd nie aanlyn nie.
Ek is van nature 'n dromer en idealis maar ook 'n opperste rebel. Ek dink meestal met my hart en noem 'n graaf by sy naam. Ek glo daarin om soos in die rolprente van Amerika "die waarheid, die volle waarheid en slegs die waarheid" te praat. Mense vergeet soms van "die volle waarheid."
Bigfoot se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 221
Totale kommentaar : 2,082
Aantal mense wat die bydraer volg : 43
Geen nuwe bydraes deur Bigfoot
deur borrels
ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart