Blouskulp se profielblad

Blouskulp

Inligting oor Blouskulp

Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale & Gedigte

Lid vir 12 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 19 ure


Ek is 'n gebore Strandvelder, my vlerke Kaap se kant toe gesprei en maar weer teruggekeer om met 'n Strandvelder te trou en ons kooigoedjies hier oop te gooi. Die kultuur van die area sit aan my vas net soos die suidoos die seesout teen my gesig aanslaan.

Ek skilder en ek skryf. Wanneer ek skilder, maak ek 'n storietjie in my kop rondom die prent. Wanneer ek skryf, sien ek die prentjie van wat ek skryf in my kop.

Om een of ander rede het ek twee profiele nl. Blouskulp en Suikerbrood en Suurvye.

Ek was vir die grootste deel van 2014 onaktief op Woes om my rubrieke in bundels saam te stel. In retrospeksie was dit 'n skrikwekkende taak wat ek , sou ek vooraf geweet het wat dit behels, seker nie eiehandig sou aangepak het nie.

Maar...ek het besluit om dit te doen omdat "kan nie" nie vir my bestaan nie. Om die rubrieke te sryf is die minste, glo my! Die proses om dit te redigeer, te sorteer volgens die titels van die vier boekies, dit uit te le en te indekseer in drukkersformaat was 'n massiewe taak.

Ek het drie jaar se geduld opgebruik en my kniee deurgekruip om moedverloor se vlakte te kon deurkruis - 'n vlakte waarvan ek nooit die wydte besef het nie. Ek het ook die buitebladontwerpe self gedoen met fotos wat ek self geneem het.

Carol het vir my die wonderlikste Voorwoord geskryf en Ilette by Groep 7 Drukkers en Uitgewers was my vennoot in die drukproses.

My bundels is verkrygbaar by

http://groep7-selfpublish-books.co.za/11-lewenssketse

ISBN 978-192820-2479 Suikebrood en Suurvye
ISBN 978-192820-2752 Kindertjies en Katjies
ISBN 978-192820-2745 Perels en Kristal
ISBN 978-192820-2585 Poppe langs die Pad

Ek behou kopiereg op al my werke.



Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar