Bydrae-kategorie: Rubrieke & Gedigte
Lid vir 2 jaar 5 maande 1 week 2 dae 7 ure 3 minute
Het ons kunssinnige mense nie maar altyd 'n tikkie heimwee in ons harte nie! Miskien het baie van my hartseer van die verlede baie te doen met die feit dat ek altyd daardie ietsie ekstra sien, voel en ervaar! Vir my was die gras nie net groen nie; die lug nie net blou nie, die son nie net rond en warm nie! Miskien het ek altyd te veel verwag in die klein bietjie wat ek verwag het? Geld en groot goed het my nog nooit beindruk nie, maar 'n halsoorkop verliefdheid op spierwit lelies wat statig pronk in 'n groengeverfde lowerpaleis... heldergeel glimlaggende daisies wat balddadig dans in die wind...watte wolkies wat voortdurend nuwe patrone skep...'n yskoue roomys op 'n warm dag...die klanke van musiek wat die hemel naby bring...die reuk van verf wat nuwe werelde skep...die lys is eindeloos!! Vir 'n kort wyle het die kleure verdof, die musiek te sag geword, my hart benoud! Maar God in Sy alwysheid het diep in hierdie blondekop se hart kom kyk! Nou eers besef ek Hy was maar altyd daar as die wind en son, klank en kleur hul eie storie kom vertel! Hy is dan die outeur! Nou eers weet ek daar is vele ander wat die wereld net soos ek beleef! Ek groet julle!

Rools se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 198
Totale kere gelees : 38,082
Totale kommentaar : 1,503
Aantal mense wat die bydraer volg : 20
Geen nuwe bydraes deur Rools

Woes-Nuus
Gedigte

deur tribalmoon
Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.