Premium+ Lid
Bydrae-kategorie: Kortverhale & Gedigte
Lid vir 10 jaar 6 maande 6 dae 5 ure
Woorde, woorde, woorde! Afrikaanse woorde... Wat meer kan ek sê.
In my ideale lewe en perfekte wêreld, sal ek woorde vir ontbyt, middag- en aandete eet. Nou verlustig ek my daarin wanneer daar ookal tyd is om woorde iewers in te pas.
Ek beskou myself as 'n amateur-skryfster en "pro-beerder". Skryf is my manier om die noodlottige dinge in die lewe te verwerk en dinge wat pla "af te skryf" - letterlik.
As die emosies hoog loop, oorstroom die woorde gewoontlik. Van hartseer tot lief-wees, afhangende die intensiteit daarvan
Digkuns is nie net ‘n manier waarop ek uiting gee aan my siel en bestaan nie, maar dit is vir my gereeld ‘n helende pelgrimsreis om te skryf.
© Me, Myself & I - Kom ons hou dit so!