Capie se profielblad

Capie

Inligting oor Capie

Bydrae-kategorie: Kortverhale & Gedigte

Lid vir 14 jaar 7 maande 2 weke 6 dae 10 ure


Deur die jare het skryf en skilder my passie geword. Daar het ek my emosies verwerk, uitgestort, en heelgemaak. En ja met al die stampe en stote kan ek nog lag, kan ek nog vreugde vind in elke dag.
Weet ek net dat elkeen se pad vir hom/haar bepaal is voor sy/haar geboorte - van waar jy gebore word, tot waar jy sal sterf. So weet ons elkeen waarheen ons wil gaan in die lewe, maar ons kannie die pad beplan wat ons moet loop om daar uit te kom nie.

Ek het altyd gesê, ek wil eendag famous wees! Al word ek stok-horing oud. Ek wil onthou word, ek wil my merk maak. En in 2007 is my eerste bundel uitgegee. Julle kan gaan loer op www.justdone.co.za hulle het my die geleentheid gebied op dit te kan publiseer, en gewys dat dit tog moontlik is!!

En hier aan die Weskus van Afrika probeer ek om my droom te lewe. Naby my God en naby aan die aarde. So eenvoudig soos dit. Ek is nou al amper n jaar in die Noord Kaap, tussen Pofadder en Springbok, op n klein dorpie, Aggeneys. Hier is voorvaar niks, nie eens crime nie!! Geen wonder ek kry nie inspirasie vir skryf nie!!

Ek was aangenaam verras om die kommentaar op my skrywes te lees, voorwaar iets om na uit te sien - amper meer as om gedigte te skryf. Ek waardeer alles wat ek lees opreg.
E-pos: queck@telkomsa.net
Bundel te koop op www.justdone.co.za



beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar