Carien Vorster se profielblad

Carien Vorster

Inligting oor Carien Vorster

Bydrae-kategorie: Artikels, Kortverhale & Gedigte

Lid vir 13 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 22 ure


Undique ad coelos tatundem est viae! (vanaf die mees afgesonderde hoeke van die aarde kan ons 'n oop deur na die Hemel vind!)

"'n mens moet nog chaos in jouself oorhê om aan 'n dansende ster geboorte te gee!"Nietsche

Ek is ‘n strandloper
In my drome
Swaai ek wolke en brander
malend in ‘n megelmoes emosies.

Ek is ‘n filosoof
wanneer die aarde,
mense, woorde, dade,
God
uit my siel voortspoel!

Ek is ‘n kind
Wat hardloop in die son
Kaalvoet in die reënplasse spring
En saam die voëltjies vlieg!

Ek is ‘n digter
Wat woorde liefhet
En skep uit die holte van my siel
Tot ek nie meer leeg voel!

Ek vind my inspirasie in mense, veral die liefde, die wêreld wat verdwaal en my enigste Koning, God!

Ek voel baie bevoorreg om in so 'n posisie te mag wees om te kan skryf en so die woorde van my siel met ander te mag deel!



Carien Vorster se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 27
Totale kommentaar : 52
Aantal mense wat die bydraer volg : 8

Geen nuwe bydraes deur Carien Vorster

 

ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar