Bydrae-kategorie: Gedigte
Lid vir 6 jaar 2 maande 1 week 4 dae 4 ure 39 minute
Ek is in die fleur van my lewe en bly op 'n plaas in die Noord-Kaap. My liefde vir die skryf van gedigte het begin toe ek nog op skool was. Ek skryf egter net wanneer daar iets is wat my motiveer om dit in woorde neer te pen en dan doen ek dit gewoonlik in die vorm van 'n gedig. Somtyds word ek in die middel van die nag wakker met die behoefte om my emosies neer te skryf en dan staan ek op en skryf.
Ek is egter baie beskeie rondom my werk en is dit maar my susters wie my grootste bewonderaars is wie my aangespoor het om my werk te probeer plaas.
Dit was dan ook een van my susters wat my by 'n landwye kompetisie ingeskryf het en is een van my gedigte wat ek aan haar dogter opgedra het toe sy 16 geword het, gekies as een van die top 10 om in 'n bundel geplaas te word. Dit was dan ook een van my susters wat hierdie webwerf vir my ontdek het.
Dit is veral nou dat ek nie meer kinders in die huis het nie, wat ek meer die nodigheid voel om my emosies vas te pen wat die ink baie meer laat vloei.

Carol se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 17
Totale kere gelees : 16,588
Totale kommentaar : 23
Geen nuwe bydraes deur Carol

Woes-Nuus
Gedigte

deur Trixie
'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.