Celeste Herman se profielblad

Celeste Herman

Inligting oor Celeste Herman

Bydrae-kategorie: Gedigte

Lid vir 12 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 14 ure


Ek is gebore en getoë in Pretoria. Is na skool vir 'n jaar George Vroue Leër kollege toe, waarna ek Sielkunde aan Tuks gaan swot het. Ek het nooit verder as my Honneurs gegaan nie, en nog nie 'n dag in die Sielkunde rigting gewerk nie. My werksondervinding van die afgelope 15 jaar is meer in die kos- en finansiële rigtings. Ek is intussen getroud met Louis Herman en ons het 3 kinders - Beaurain(11), Estéan(9) en Anaïs(7). Ons het vir 4 jaar in Botswana gebly, maar is alweer 8 jaar lank terug in Pretoria.

Ek skryf gedigte vandat ek 10 jaar oud was, maar het nog nooit enige gedigte in SA gepubliseer nie. Ek skryf wanneer ek baie hartseer of baie bly is. Ek skryf ook gereeld gedigte vir familie en vriende vir spesiale geleenthede soos verjaarsdae, herdenkings, geboortes ens. Ek word ook party oggende vroeg wakker gemaak word met die woorde vir 'n nuwe gedig in my kop - dan moet ek skryf dat dit klap, voordat die woorde verlore gaan.



Celeste Herman se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 23
Totale kommentaar : 42
Aantal mense wat die bydraer volg : 7

Geen nuwe bydraes deur Celeste Herman

     

    BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

    deur Spannie

    Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar