chanti se profielblad

chanti

Inligting oor chanti

Bydrae-kategorie: Artikels & Gedigte

Lid vir 13 jaar 4 maande 1 week 4 dae 14 ure


Hi al julle woeste mense!

Ek is jou algemene blonde wat siek en sat is dat mense dink ons is dom en breinloos! Ek is jonk ja ek weet,maar dit beteken nie ek is oninteressant of dom is nie,ek leef vir my taal,AFRIKAANS IS BO BAAS,en mense wat ons taal sleg se is net jaloers omrede hulle nie so iets het om hulle eie te noem nie!

Ek is 'n plaine Jane wat al die klein dingetjies in die lewe geniet,niks beter as 'n vuurtjie in die bosveld onder die melkweg.Ek skryf oor enige iets,van die slegte kook kos van gisteraand tot die ironie om 'n uno te ry(ek ry 'n pienke...so moenie lag nie)Ek glo dat jou beste vriend is jouself,dink bietjie daaraan hoeveel keer 'n dag dink jy dinge en antwoord jouself in jou gewete? Presies my punt,en nee nie net blondes praat met hulself nie! Ek is nog nuut in hierdie woeste omgewing maar sodra ek begin werk instuur sal ek dit waardeer as julle krities komentaar kan lewer,voel vry om my te e-pos by chantel@bergflora.com almal welkom,my hart is soos 'n taxi(ja daai ding wat jou in die oggend op die paaie irriteer) daar is altyd plek vir nog een!

Ek is in die wolke om deel van die Woes span te wees!

Kom aan mense, kom ons staan saam, baklei saam en praat saam want AFIKAANS is al ding in die nuwe Suid Afrika wat nog die moeite werd is om voor te baklei!

Blonde Groete
-Chanti-



Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar