Christo Nel se profielblad

Christo Nel

Inligting oor Christo Nel

Premium+ Lid Premium+ Lid

Bydrae-kategorie: Artikels & Rubrieke

Lid vir 11 jaar 1 maand 3 dae 5 ure


Kom ek vertel jou so ietsie meer oor myself en my vrou, Hetta  

Vir meer as 25 jaar het die Here my en Hetta gebruik as leiers en leraarspaar binne ‘n lokale gemeente.  Sedert Mei 2004 gebruik Hy ons translokaal oor gemeente- en kerkgrense heen in alle dele van die Liggaam van Jesus Christus.  

Hy gebruik ons om weer Christen-gelowiges te help om die ABC van Bybelse Christen-wees te ontdek.  Hulle moet weer ontdek dat Jesus Christus, ons Verlosser en Here, ook die Doper met die Gees is.  Wat Sy mense wil toerus met die krag en gawes van Sy Gees om Sy getuies in hierdie wêreld te wees.  En dat Hy elkeen van ons wil gebruik om mekaar en ander te bedien sodat mense weer sal beleef “God is hier tussen julle!”.  Sy dit daar in die kleiner geloofsfamilie in huise en op die markplein, of wyer in die groter Liggaam van Jesus.  Christene moet ook weer ontdek dat almal van hulle bloed-familie is van mekaar en deel is van die een kerk, die Liggaam van Jesus Christus, op aarde.  

Die ervaring wat ons opgedoen het in meer as 14 jaar as leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk in 2 gemeentes, Dunnottar en Potchefstroom-Mooirivier, en sedert 1993, wat ons Bybelse vernuwing aan Afrikaners begin bedien het in alle dele van die Liggaam van Jesus, is nou goud werd. 

Dwarsoor die wêreld, en ook hier in Suid-Afrika, is daar gelowiges en gemeenteleiers wat saamstem daaroor dat die Here besig is om Sy Liggaam uit te daag met “Nuwe Wyn-waarhede”.  In Lukas 5:37 tot 39 het Jesus tereg gesê;  “En niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars. Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen. Nee, nuwe wyn moet in nuwe velsakke gegooi word.”  

Dit is vir my wonderlik hoe die Here my ervaring en kennis van beide die Gereformeerde teologiese wêreld en dit wat tans in vernuwingsgemeentes die sterkpunte en die behoeftes is, gebruik om amper as ‘n soort Nehemia-figuur gelowiges in alle dele van die Liggaam aan te moedig om die gate “in die mure” te herstel en saam te ontdek dat eendrag werklik mag is tussen al die verskillende gemeentes in dorpe en stede. 

Ek is tans deel van ‘n nuwe soort leierspan wat oor kerkgrense heen translokaal gelowiges bedien en help om God se hart vir hulle te ontdek.  Ef 4: 11-16 spel dit treffend uit: 

“En dít is die "gawes" wat Hy "gegee het": apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars.  Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.  So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ‘n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus.  Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie.  Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof,  en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam ‘n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.”



Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar