Bydrae-kategorie: Rubrieke, Kortverhale, Gedigte & Resensies
Lid vir 6 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 6 ure 52 minute
Ingenieur van beroep en lid van die kerk se orkes met bydrae in die vorm van kitaar, mandolien, baskitaar en stem. As gevolg van werkslading is ek ten beste 'n geleentheidsdigter/skrywer, maar ek is wel 'n lewenslange Voortrekker (30 jaar diens einde-2010). Ek is getroud met die ongelooflikste vrou op die planeet. Haar naam is Lidia, wat terloops beteken "geliefde". En sy is. Sy dien ook as die inspirasie vir meeste van my gedigte. Roodeplaatlied kan gesing word op die wysie van Theuns Jordaan se Soos Bloed (getransponeer na B-mol toe), maar dis nie vir kommersiële gebruik nie. Meeste van my gedigte is getoonset, maar dit is vir eie gebruik.
Ons eersteling word verwag in September 2012.
Die leser sal opmerk dat ek met my nie-gedig skrywes hoofsaaklik fokus op geestelike sake en dat ek 'n meer behoudende geloofsiening handhaaf.
Jy mag maar na Sufsak en Walgwors ook gaan loer, aangesien ek Walgwors se bydrae lewer en slegs Walgwors se bydrae. Dit blyk dat daar verwarring is daaroor. S&W is regtig twee verskillende mense. Dit staan selfs al vir meer as 6 jaar so geskryf op S&W se profielblad.

Coert Welman se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 18
Totale kere gelees : 10,454
Totale kommentaar : 47
Aantal mense wat die bydraer volg : 4
Geen nuwe bydraes deur Coert Welman

Woes-Nuus
Gedigte

deur Bart
Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.