Conrad Cockcroft se profielblad

Conrad Cockcroft

Inligting oor Conrad Cockcroft

Bydrae-kategorie: Kortverhale & Gedigte

Lid vir 11 jaar 1 week


Ek het in Pretoria groot geword maar bly nou in Johannesburg en werk al 37 jaar in Aucklandpark by die S.A.U.K.

As kind het ek gereeld stories vir "Patrys", "Die Kleinspan" en "Die Hoofstad" koerant in Pretoria geskryf. Op hierdie manier het ek my sakgeld verdien. My droom om joernalistiek na matriek te studeer het nooit gematerialiseer nie en my skryfwerk het met die jare sleg agterweë gebly.

'n Kollega van my het gereeld vir my sy skryfwerk per e-pos aangestuur om te lees. Nie lank gelede nie het ek weereens my hand aan 'n kortverhaal gewaag. Hy het my van Woes vertel en ek het my eerste storie gepubliseer. Daar pryk noual meer van my kortverhale en my eerste gedig op Woes en ek is goed aan die gang met nog meer.

Ek is hierdie jaar (2010) as 'n derde plek wenner aangewys in die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se 2010 Skrywerskompetisie vir een van my stories wat ook op Woes verskyn het. Ek is as 'n wenner aangewys vir die 30 woord Groot Karoo Storiekompetisie. Onlangs is ek ook as die wisseltrofee wenner vir die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se beginner van 2010 aangewys.

Tuis het ek 'n hele lys temas wat ek nog by gaan uitkom, wanneer ek die tyd kry. Ek geniet die skrywery geweldig baie en vind dit totaal verslawend!

Ek behou kopiereg op my werk.



Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar