Bydrae-kategorie: Gedigte
Lid vir 6 maande 3 weke 5 dae 9 ure 53 minute
...en so stap ek aan-aan na die einde van nog 'n jaar, waar jy opgewonde opstaan vir die dag voor jou, halfpad deur die oggend 'n paar mense wil #%$&*@ en teen die middag weer roosblare wil uitstrooi met liefde hoekom weet jy eindelik nie regtig nie.
...skielik gaan jy met 'n opgewonde hart weer huis toe om jou liefde verder te gaan uitstort, maar dan onverwags verander jou vrede en vreugde in oorlog, is dit wraggies als die moeite werd, wanneer is genoeg-genoeg?
...tussen laaste week se malle gejaag vir 'n naweek se beplanning vir 'n nuwe seisoen/jaar staan ek verstom oor alle die eie ekke wat ek moet toelaat in my-se lewe, sodat take naby aan suksesvol afgehandel kan word in 'n nuwe jaar wat nog nie eens bestaan nie.
…wie ek was maak regtig nie saak nie, wat wel saak maak is dat ek weer wil lewe, so wat ek graag met jou wil deel sal moontlik nooit jou persoon - jou gees kan aanraak soos wat wel met myself en ook baie anders pappas gebeur het nie.
...dit is ongelooflik om te sien dat in hierdie vinnige wêreld waarin ons lewe en soms baklei om kop bo die water te hou dit ‘n alledaagse gebeurtenis is om harte stukkend te krap waar die rowe van herstel eers weer na ‘n baie lang ruk of selfs nooit terug groei nie. Aai-toggie wat het geraak van die liefde wat so mooi beskryf word in 1Korintiërs 13.
…dit het baie jare, dae en tyd gevat om by hierdie punt te kom waar ek myself kon deel, deels asgevolg van die proses van herstel wat ek self eers moes deurgaan as ‘n geskeide pappa / vader en enkel ouer.
...in al die jare wat ek geskei was, moes ek baie dinge weer leer van die lewe, baie daarvan was super onaangenaam, maar ek het egter oorwin deur myself vry te maak van my omstandighede en die verlede deur my pyne, seer, haat en verwyte voor God se voete te gaan lê en te vergewe maar nie te vergeet nie.
...in my paadjie se stap van herstel het ek baie geskeide pappas ontmoet en leer ken, sjoe wat ‘n ervaring; soveel pyn, seer, haat en verwyt vir dit wat eens was, ja van hulle was ontrou gewees, maar daar was ook die wat onskuldig aan die ontvang kant was net soos ekself.
...terwyl ons gesels het was daar die roep na hulp, ondersteuning van vriende / familie / die samelewing / omgeegroepe / kerkgroepe en baie belangrik die media, maar daarvan was maar min sprake!!!
...as jy die woord geskei gebruik het, word daar die meeste tye 'n fietsketting met 'n etiket om jou nek gehang wat sê; bly weg hy was ontrou, hy het sy vrou geslaan, waar is die regte waarheid, was hy nie die slagoffer nie, sy menswees / manwees verniel deur die ontrouheid van sy eggenoot nie.
...wat gebeur met hom, skielik droog jou al die "kamma" goeie huisvriende op, familie wil nie daaroor praat nie (SKANDE), die kerk voel skaam om betrokke te raak en op die ou end word hy “opgehang en gekruisig” omdat iemand die skuld moes kry vir die verbrokkeling van 'n eens "kamma" pragtige huwelik.
...ongelukkig help ons media ook nie veel die geskeide pappa / vader en enkel ouer nie, want die meeste gesintydskrifte / televisie produksies waar dit gaan oor herstel na ‘n egskeiding, handel en gee basiese raad vir die geskeide mamma / moeder en enkel ouer, want daar word geglo en gesinspeel dat sy alleen die slagoffer is.
...ek glo die skrik gaan baie groot wees as ons al die geskeide pappas wat nie 'n aandeel in die verbrokkeling van hulle huwelik gehad het nie, bymekaar sou kon bring, sodat die media die weg sal sien om artikels so te plaas of te publiseer waar geskeide pappas en mammas saam daarby kan baat vind en positief bevoordeel sal kan word nie.
...die pad van my herstel uit die donker put van hartseer en pyn van my mislukte huwelik was baie kere ‘n nagmerrie waaruit ek nie kon wakker word nie, die waaroms en hoekoms het my die mure uitgedryf en ek my herstel gaan soek in wêreldse plesiertjies en genot.
...gedurende hierdie tyd van alleen en verlore voel, het ek rond gespeel met woorde, soms gedink ek is super "simpel" tog het ek beter begin voel, my haat / woede / pyn / hartseer en verlange het sinne op papier gword, dit was die begin van my herstel.
....baie van die woorde en sinne wat deur my pen se ink uit my seer lyf gevloei het, sal ek nooit weer nodig hê om te herhaal nie, sekere gedigte wat spesifieke gebeure se waarheid beskryf sal ek graag in tyd deel.
...hierdie is maar net ‘n klein bietjie van my menswees wat ek graag met jou wou deel, met my egskeiding in 2002 het ek geglo daar is nie meer ‘n lewe oor nie, maar vandag 2011 kan ek met ‘n vry hart en gees vol lewe en het ek al my passie en lus weer terug meer as wat ek ooit gehad het.
...vir alle geskeide ouers daarbuite of jy nou skuldig voel/was of nie, ek dink aan jou, staan op kry vir jouself 'n "Avatar" ruggraat en stap voort, ek bid vir jou vir nuwe lewe, herstel.
...die van julle wat getroud is, of nog gaan trou, moet nooit die krag van 1 Korintiërs 13 vergeet nie, of jy nou glo in die woord of nie daar is baie waarheid in.
Saludas
(KOPIEREG OP AL MY WERK)

cronier se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 17
Totale kere gelees : 621
Totale kommentaar : 17
Aantal mense wat die bydraer volg : 1
Geen nuwe bydraes deur cronier

Woes-Nuus
Gedigte
