Daleen Enslin se profielblad

Daleen Enslin

Inligting oor Daleen Enslin

Bydrae-kategorie: Gedigte

Lid vir 5 jaar 5 maande 1 week 5 dae 10 ure


Daleen is die naam wat ek graag wil hê dat mense my moet noem. Ek is ‘n ma en ouma en mense is vir my belangrik. Ek is baie lief vir tuinmaak, huishou en vir Jackie my Jack-Russel kruising.

In my spaar tyd skilder ek graag en skryf soms van my gedagtes op papier. Ek is ‘n voorstander van gelykheid onder mense en glo dat alle mense, die reg het om te leef. Ek glo in die gesegde “neem een dag, môre kan wag.” Die Skepper is die belangrikste persoon in my lewe en ek glo in Hom met ‘n vaste vertroue.


Daleen:

Daleen kom van die oud-Engelse naam “dale” wat beteken “sy leef in die vallei,” ‘n toegewyde vriend wat mense bystaan deur dik en dun, iemand wat vreugde bring in die lewe, iemand wat dierbaar is, altyd wakker en vol energie, die versorger van gebroke harte maar nie ‘n maklike persoon nie, ‘n vrou wat deugsaam is en ‘n geliefde onder kinders.

© Kopiereg: Helena Dorothy Enslin vir alle gedigte wat aan hierdie web blad gekoppel is en hier verskyn.



Daleen Enslin se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 417
Totale kommentaar : 447
Aantal mense wat die bydraer volg : 1

Geen nuwe bydraes deur Daleen Enslin

     

    Volg net die Skoenlappers

    deur Anria

    Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar