Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale, Gedigte, Resensies, Musiek en lirieke & Gorrel
Lid vir 5 jaar 3 maande 2 weke 4 ure 38 minute
KOPIEREG VOORBEHOU - SAMRO REGISTREERD
website: http://delenedewet.webs.com
Jongste dogter van Danie van Eeden en ek het destyds hier op Woes en Mabooki onder sy voornaam begin skryf uit dankbaarheid vir al die wonderlike dinge wat hy my in die lewe geleer het. En as ek musiek tot in my are kan voel bruis, dan is ek bly dat hy my geleer het om die spesiale dinge in die lewe te geniet tot in my murg
Humor, kritiese uitkyk en vrae vra, en ja, ek is lief vir giggel vir ons lawwe menswees. Gekompliseerd, eenvoudig, diep, vlak, vol grille en baie gille van beide lekkerkry en seerkry...al die fassette van die lewe, want dis wat ons mens maak. Ek pes onprofessionele diens, raak gewip as mense mekaar seermaak en gebruik, is lief vir diere met 'n passie, ek leen myself uit om ander te help (soms tot my ondergang) en loop eerder brandarmkaal sodat ek iemand daarbuite kan help. My lyf speel nie altyd saam nie, want die arme ding het toe mos in 'n toolbox verander. Mal oor skryf oor wat ek om my sien en is altyd die voorbok vir 'n storie vertel..solank iemand daarbuite net 'n glimlaggie kan kry.
Lees my goedjies gerus en gooi vir my jul kommentare, ek is mal daaroor. Vertel my waar ek kan verbeter of vertel my sommer waar jy met my saamstem. Moet my nie te ernstig opvat nie, ek glo dat ons soms 'n bietjie ligsinnig moet wees om deur die einas te kom. Dankie vir almal se belangstelling.
Met my boek se verkope gaan dit wonderlik en sy trek al so ver as Suid-Korea, Australië, New Zealand, Engeland, Switserland, België, en oraloor in onse eie land. Dankie vir al jul wonderlike ondersteuning. Die toer deur Bloemfontein en Henley on Klip was 'n reuse sukses en ek bedank my gashere uit die diepte van my hart. Ja, en toe het Ontbytsake my verras met 'n insetsel op Ontbytsake op Vrouedag!
Titel: Tong in die kies (boek). R100 PLUS posgeld en verpakking. Die audio boek word ook nou verprei teen R150. Jip, ek lees dit self en dit is beskikbaar in verskillende formate - mp3, hifi set. Jy kan nou in jou kar luister of sommer laataand in jou bed.
As jy wil dit wil bekom, laat my asb weet na delenedewet@live.co.za
Delene DeWet
(gaan loer bietjie na my werk op www.Mabooki.com)

Delene de Wet se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 305
Totale kere gelees : 164,169
Totale kommentaar : 1,226
Aantal mense wat die bydraer volg : 32
Nuuste bydraes deur Delene de Wet die afgelope 7 dae

Woes-Nuus
Gedigte

deur Johann P. Boshoff
"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)