Daniel se profielblad

Daniel

Inligting oor Daniel

Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale & Gedigte

Lid vir 13 jaar 9 maande 2 weke 13 ure


Sommige sien my as ietwat vreemd en ek het nog nooit regtig iewers ingepas nie en moet eerlik wees, ek weet ook nie altyd mooi waar nie. Dit wat Jan-en-Alleman najaag en baie moeite oor doen, verveel my gewoonlik. Byvoorbeeld, ek verstaan nie waaroor die bohaai oor rugby, braaivleis, karre en dergelike goete gaan nie. Sekere rowwe dele van die lewe was ‘n leerskool; nie dat ek spyt is nie. Skool en universiteit was eintlik sieldodend vervelig. Gebore Pretorianer maar ek verkies die stille oppheid van die Karoo. Mense en hulle streke fassineer my, en veral die kak wat hulle aanjaag en veroorsaak deur hulle eie sotlikheid en verwaandheid. Ek word soms filosofies, sinies en kwaad, geïrriteerd en te eerlik en ernstig, juis as gevolg van ander se kakaanjaag. Mooi goed daarenteen; maak my hartseer. Beterweterige mense, manipuleerders, uitbuiters, kindermolesteerders, voete wassers, lekepredikers, die meeste kerke se arrogansie en selfsug, hebsug, domheid (nie gebrek aan intelligensie nie), ondankbaarheid, gemaksugtigheid en luiheid maak my erg die moer in. Politici daarenteen, maak my nie regtig kwaad nie, want hulle is moer snaaks. My gunsteling boek is "To kill a Mockingbird" (Harper Lee). Ek lees wyd, want ek kan. My gunstelig aanhaling is van Eleanor Roosevelt “Great minds discuss ideas; average minds discuss events; small minds discuss people.” As jy nie van my hou nie, gaan weg in ‘n kru taal. Ek is net wat ek is.



Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar