Dawid Lotter se profielblad

Dawid Lotter

Inligting oor Dawid Lotter

Bydrae-kategorie: Kortverhale & Gedigte

Lid vir 7 jaar 1 maand 3 weke 5 dae 14 ure


Dawid Lotter begin sy militêre loopbaan in 1975 as ʼn staande mag in die SAWeermag. Hy ondergaan die normale opleiding as onder offisier en slaag daarna offisiers keuring in 1976.

Hy word gekeur vir studie by die Militêre Akademie te Saldanha en gradueer in 1980. Sy eerste bevelspos is die van E Kompanie bevelvoerder te 1 SAI Bn. In 1983 word A Komp te 1 SAI Bn aan hom toegeken.

Gedurende Operasie Askari met die aanval op Cuvelai, is hy ʼn vegspan bevelvoerder. Hy en sy kompanie maak die inbraak deur die mynvelde en is eerste om in die dorpie se hoofstraat af te ry. Hy word daarna aangestel as ʼn operasie offisier by die Gesamentlike Monitor Kommisie, wat die SAW magte se onttrekking uit Suid Angola monitor.

Hy word verplaas na 4 SAI Bn en doen diens met C Kompanie in Ovamboland. Gedurende 1985 doen hy diens as Inligtings offisier te 4 SAI Bn en later die Taakgroep bevelvoerder op die Mosambiek grens om instrommings beheer toe te pas.
Gedurende 1986 en 1987 dien hy te 61 Meg Bn Gp as kompanie bevelvoerder en ook as veggroep bevelvoerder gedurende Operasie Modulêr. In 1988 word hy aangestel as instrukteur by die SAW Leër Kollege.

Hy verlaat die staande mag in 1990. Hy betreë die sekerheids wereld in die Casino bedryf, maar die oorlog wat so lank deel van sy wese was roep hom terug. Hy aanvaar ʼn pos by Executive Outcomes as die opleidings offisier vir die opleiding van Angolese troepe. In 1995 keer hy terug na die RSA en bo en behalwe sy siviele werk as sekerheids konsultant, raak hy weer betrokke by die SANDF as reserwemag lid.

Hy neem deel aan Operasie Boleas- die inval in Lesotho. Doen ook diens as die Taakgroep bevelvoerder tydens die opstande in Richmond, Natal. Hy doen konsultasie werk in Uganda en Nigerië in die sekerheids en Beroeps veiligheids industrieë.

Sy geskiedenis van betrokkenheid by oorlog veroorsaak later ernstige simptome van Post Traumatiese Stres met angs aanvalle en depressie.

Hy is ʼn gekwalifiseerde Lewensvaardigheids Afrigter. Hy het die volgende sekulêre kwalifikasies: BA ( Militere Wetenskap), MSc (Beroeps Gesondheid). Hy het ook ʼn nie sekulêre (Phd) in Holistiese Lewensvaardigheids Afrigting.



Dawid Lotter se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 7
Totale kommentaar : 10

Geen nuwe bydraes deur Dawid Lotter

     

    Lelani

    deur Rachelle du Bois

    Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar