Dopper van der Walt se profielblad

Dopper van der Walt

Inligting oor Dopper van der Walt

Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale & Gedigte

Lid vir 13 jaar 4 maande 2 weke 1 dag 13 ure


Dag se aan al die wilde Willems en gewillige Gerdas daar in Kompaterland. Ek heet julle welkom in die donker dongas van my kuberbrein.
Hiers 'n bietjie persoonlike Info;
Gebore Joggom Dopper Kruger van der Walt op die slaap-innie-oe dorpie van Dwaalboom, Noord-Transvaal in die droee oesjaar (dit was egter 'n goeie jaar vir Koedoes) van 1986. Ek het my kinderdae in die dorpie omgewens, want sien daars net twee aktiewiteite op Dwaalboom. Die gewildste van die twee is langarm dans en die tweede en ook enigste alternatief behels 'n jimpel Bramhan-stoetbul, 'n groot streepsak en 'n potjie vaseline... oja en baie, BAIE deursettings vermoe!
Nou kan julle vir julself indink dat met 'n eg Gereformeerde naam soos Dopper was dans, hetsy lang- of kortarm, uit soos koekies in die weeshuis. Verder, omdat ek nou nie juis 'n voorliefde vir Bramhanbulle (en ander gehoringde skepsels) het nie, was my dae maar bra vervelig. Of dit was totdat my pa die eerste diesel aangedrewe Pentium op die dorp aangeskaf het en ek, met die hulp van die dorp se skakelbord tannie, toegang tot die internet gekry het. die res, my liewe vrinne, is geskiedenis!

oja, kopiereg voorbehou, kry anyway die bliksem jammer wat my krom idees wil steel...



KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar