Double D se profielblad

Double D

Inligting oor Double D

Bydrae-kategorie:

Lid vir 12 jaar 5 maande 3 weke 19 ure


Double D is 'n bynaam wat aan my toegeken is by 'n wynfees. Ek het die kort stokkie getrek en is gekies as die "Designated Driver", toe die ander 'warm' gekuier is, het ek begin lyk soos die karakter Double D wat verskyn in 'n DSTV tekenprent. Dis later uitgebrei na: Double the Depth, Die Duiwel, Double the Delight of Dubbel die Drama, besluit maar self watter een my pas!

Ek is skielik versot op Afrikaans! Ek blameer die SAUK vir die val van Afrikaans in die 70's en 80's, hulle het ons geen guns bewys deur Rina Hugo en Gé so in ons kele af te druk nie! En nou, 30 jaar later het hulle nog niks geleer nie! Ek dank die ANC vir die oplewing van Afrikaans, "tx, guys"! Ek voel soos vele ander van ons skuldig oor ek op skool altyd Afrikaans maar meestal die Afrikaanse sangers gehaat het, aan die ander kant Rina Hugo en vrinne doen dit steeds nie vir my nie! Gee my Klopjag, Disselblom, Chris Chameleon, Melktert Kommissie of Karen Zoid enige dag van die week! Dus, met my nuutgevonde liefde vir Afrikaans, is die Woes webwerf, soos kaneelsuiker op pannekoek, wonderlik!!



Double D se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 1
Aantal mense wat die bydraer volg : 61

Geen nuwe bydraes deur Double D

 

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar