Dries Auret se profielblad

Dries Auret

Inligting oor Dries Auret

Bydrae-kategorie: Rubrieke, Gedigte & Gorrel

Lid vir 9 jaar 6 maande 1 week 2 dae 13 ure


ANDRIES “Dries” Auret het opgegroei as ’n plaasseun. Sy kinderspore lê op die plase Sonnekwa, Brazil en Driekop in die Sandveld van Namakwaland.

Hy studeer aan die Hugenote-Kollege en Sending-Instituut op Wellington en word 1961 as predikant gelegitimeer. Hy bedien agtereenvolgens die gemeentes Citrusdal (NG Sendingkerk ) en die NG gemeentes Leonard (Namibië), Aurora en Napier, waar hy 1997 sy emeritaat ontvang.

Dries en sy lewensmaat Luna gaan vestig hulle in 2003 op Pearly Beach. Hulle beoefen nog dikwels hulle onderskeie beroepe as prediker en orrelis. Op die ouderdom van 76 geniet Dries nog ’n potjie tennis en kry jy hom gereeld met sy hengelgerei langs die viswaters.

Dries se gedagtes het deur die jare maar altyd teruggegaan na die lief en leed wat hy as plaasseun in Namakwaland tussen die Buffelsrivier en die Bitterrivier beleef het.

Hierdie herinneringe het hy in sy Namakwaland jeugjoernaal : DEUR SWAARKRY GEBREI wat in 2008 verskyn het, beskrywe. In 2009 verskyn uit sy pen nog ’n boek met die titel: KRONKELPAD VAN GARIES TOT NAPIER. Die drang om aan te hou skrywe, vind gestalte in sy boek KORT DUSKANT MOEDVERLOOR wat in 2011 verskyn het.



DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar