Elmarie Westerink se profielblad

Elmarie Westerink

Inligting oor Elmarie Westerink

Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale, Gedigte & Resensies

Lid vir 3 jaar 9 maande 4 weke 7 ure 52 minute


Dit is tyd dat ek julle vertel wat van my geword het. Na nege jaar in die woestyn, het ek verskuif na die Verre Ooste.  Ek bly nou in Kuala Lumpur in 'n pragtige duplekswoonstel binne loopafstand van die Petronas torings.  Die woestynsand was besig om my menswees af te skuur - so korreltjie vir korreltjie. Nou is ek in 'n pragtige land waar dit amper elke dag reen en waar ek hier sit en skryf baljaar die eekhorinkies in 'n reuse boom voor my stoep.  Ek luister na die borreling van die koi visdam en die waaier keer dat ek versmoor van die humiditeit.

Gelukkig is ek in 'n veilige land...maar ek voel ook tuis want so baie dinge herinner my aan Suid-Afrika en ander aspekte weer aan die Emirate.  Wat ek wel weet is dat ek nie langer kan stilbly nie. Die woordedam binne my het begin kraak en ek gaan weer skryf want anders gaan ek verdrink in my eie emosies wat ek vir so lank opgebottel het!



Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar