Premium+ Lid
Bydrae-kategorie: Gedigte
Lid vir 14 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 19 ure
Skryf meeste oor die lewe en soms oor die dood. Word diep geraak deur onreg en ander mense se nood. Probeer verstaan hoe dit voel om in ander se skoene te loop. Probeer vertel van die wat om nog lag al voel hul verwerp en goedkoop.
My vewagtinge van Woes is om hier meer en meer te leer. So gee asb maar alle kommentaar al dink jy dit maak seer. Ek glo die ou roosboompie wat jy die meeste snoei gaan op die ouend die mooiste bloei.
Ek is ‘n nuwe-oulid
van Woes.
Vir sewe lange jare
gesit geroes
Siellekos gekry
van die lewe geleer
Toe opgradeer
7 jaar twee maande nege dae
en een uur
eindelik iets ingestuur
Geen kommentaar
Probeer toe maar weer
Skryf oor die lewe
se lag en se seer
Woesteling of Woester?
of Aspoester?
Word jy woesteling
as jy jou hart
vir ander
op ‘n skinkbord bring?
Ek voel so dom
om my sê te sê
maar die Woesmuse
het in my hart kom lê
Hier kan die meester
die leerling leer
Regskaaf
al maak dit seer
Hier kan jy behoort
Deel wees
Van iets groot
Kan jy saamspeel
op heilige grond
diep emosies deel
Enso se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 22
Totale kommentaar : 71
Aantal mense wat die bydraer volg : 1
Geen nuwe bydraes deur Enso
deur Rachelle du Bois
Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier