Bydrae-kategorie: Gedigte
Lid vir 1 jaar 10 maande 4 weke 5 ure 57 minute
My oudste seun beskryf my so-
Erna Veldhuizen = ma van vele-
ouma van nog meer-sangoma van
die seevoels-heilige onder die
insekte-feetjie, vrou en moeder!
Ook bekend as Moekie, kosmosmamma en `met die maan gepla`
Eerstens is ek n veelsydige skrywer en huidiglik besig met 2 boeke.
Poetry Institute of Africa publiseer my gedigte in 13 uitgawes van `Anthology of Verse`
met een prys.
Honderd Dichters (Nederland) een uitgawe.
Eastern Province Writer`s Club/prys vir kinderstorie (Engels)
Voorheen gasskrywer in koerante en tydskrifte
Hoof beoordelaar/skole skryfkompetisie (DWAF 2009)
Media verteenwoordiger (voorheen)
Poetry Ins. of Africa/14de uitgawe waarin my werk verskyn April 2011
Engelse Koffietafelboek word November vrygestel waar my werk ook verskyn
In my ander lewe skilder ek = gek oor die natuur, skulpe, klippe, vere, dooie bome,
voels, diere, see berge-kreatiwiteit in enige vorm-filosofie, psige van die mens,
outisme en my `eie` afwykings!` gesels graag met plante.
boeke woorde boeke woorde.....
KOPIEREG WEERHOU OP AL MY SKRYFWERK
VAN GOGH SE STERRE
Deur blou-swart nagte
rol die maan `n
geel bal - onbereikbaar
oor onbekende bos-figure
geluidloos-
geen einde aan die
middernag donkerte-
Bleek wolke
skuif geheimsinnig
deur roerlose blare-
eerbiedig - stil silhoeete
majesteues -geanker
Van Gogh se sterre
tower blyheid in
die gloed van eie bane
oppad-

Hermien Veldhuizen-Nysschen se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 66
Totale kere gelees : 12,544
Totale kommentaar : 236
Aantal mense wat die bydraer volg : 4
Geen nuwe bydraes deur Hermien Veldhuizen-Nysschen

Woes-Nuus
Gedigte

deur tribalmoon
Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.