Bydrae-kategorie: Rubrieke, Gedigte & Jeugverhale
Lid vir 5 jaar 9 maande 1 week 3 ure
Ek was maar altyd lief vir skryf en veral vir gedigte skryf. Ons het op skool 'n Afrikaanse onderwyseres gehad wat ons as straf laat gedigte skryf oor temas wat sy dan vir ons sal gee wannneer ons nie ons huiswerk gedoen het nie. Vir lank het ek glad nie geskryf nie. In September 2014, het ek deur 'n baie traumatiese ervaring gegaan en op aanmoediging van twee baie dierbare vriendinne van my begin om weer te skryf. Van November 2014 tot huidiglik het ek al 'n hele paar gedigte geskryf en op Facebook, 'n hele paar kompetisies gewen, plek gekry en spesiale vermeldings gekry. Ek leer elke dag meer en meer. Ek plaas my gedigte op ± 43 verskillende Facebook Digblaaie om blootstelling vir my werk te kry. Hopelik sal ek dalk eendag die moed bymekaar skraap om dalk my debuut bundel uit te gee.
Esmarie Friedrichs se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 24
Totale kommentaar : 22
Geen nuwe bydraes deur Esmarie Friedrichs
deur Evelyn van der Merwe
Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.