Francois1090 se profielblad

Francois1090

Inligting oor Francois1090

Bydrae-kategorie: Artikels

Lid vir 2 jaar 5 maande 2 dae 4 ure 36 minute


My misie gaan oor die wanorde in publieke skole met  die hantering van die gedeelte wat ouers betaal ten opsigte van onderriggeld en die toepassing daarvan deur Beheerliggame, wat volgens my totaal verkeerd is. En nog verkeerder is die "afdwinging" daarvan. Wat soek "skoolgeld-afdwing" in 'n Hof? Ek dink dis totaal onnodig.

Hoekom styg skoolgeld so buitensporig? Hoekom is skoolgeld in die eerste plek betaalbaar? Wat is die rol van die Regering, die Beheerliggaam en die Skoolhoof in die geval? Word ouers reg hanteer? Weet ouers wat hulle regte is? Weet ouers dat 'n verpligting ontstaan saam met 'n reg? Dis nie net een-rigting verkeer nie. Weet ouers wat hulle rerig moet betaal, wat hulle wettig-betaalbare gedeelte is? Hoekom word kinders hierby betrek?

Al die dinge het ek mee te doen vanaf 1996 toe hierdie Skole Wet in werking gekom het. Ek is betrokke by 14 skole in 'n geko-opteerde basis en ek het al hierdie dinge nie net deeglik nagevors nie, ek het dit ook toegepas en sit met statistieke wat skrik vir niks nie; ware feite oor die dinge.

Ek weet nie of WOES eintlik die regte plek is met hierdie dinge nie. In elk geval, dis 'n plek waar ek in Afrkaans myself kan uitdruk, en al is dit 'n plek waar ek bloot miskien van 'n frustrasie of twee ontslae kan raak, wel, dan moet dit maar so wees. Al wat ek se is dat mense oor die algemeen niks van die dinge af weet nie, en blykbaar dit maar sommer netso aanvaar ook.

Dis tyd vir 'n paradigama skuif, wel, ek dink vir diegene wat onderwys van kinders as regtig belangrik beskou, ten minste. Ek kyk nie na dinge soos die onderwysbedeling nie. Ek kyk bloot net na befondsing.

EN baie belangrik. Dit wat ek se sal sekere mense bietjie kwaad maak. Dis nie regsadvies nie. Die dinge is in wette wat baie swak verwoord is opgeskryf en as ek 'n opinie gee, is dit bloot myne en soos ek dit se en sien. Die prokureurs moet nou nie staan en vies wees en dink hulle belangrike toepassing van wetgewing word nou aangeval nie. Nee, dis bloot dinge wat krap en ek is nie 'n prokureur nie. Ek lees 'n ding soos dit staan.



Francois1090 se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 3
Totale kere gelees : 884
Totale kommentaar : 5

Geen nuwe bydraes deur Francois1090

     

    Die Besoeking

    deur Kobus van Eden

    DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



    Mentorskap program

    Mentorskapprogram

    Leer meer oor skryf en word deur 'n mentor op jou pad gehelp.

    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar