schatz se profielblad

schatz

Inligting oor schatz

Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale, Gedigte, Resensies, Jeugverhale & Gorrel

Lid vir 2 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 2 ure 35 minute



Ek is 'n 1948 model, getroud (jonk van gees) wat hoofsaaklik vir plesier, my vrou , kinders en vriende skryf.  Ek was in Paarl  ( HJS - Galpil) op skool en daarna vir 2 jaar Hermanus Hoërskool. Ek het op 50 jarige ouderdom, om gesondheidsredes, besluit om 'n beroep in die munisipale wese te verruil vir 'n landbou gedrewe beroep en bedryf 'n vrugte droog maatskappy in die Klein Karoo.  Op 60 jarige ouderdom is ek na vele  verkeerde diagnoses positief gediagnoseer as een van omtrent 156 mense in die land met MG (myasthenia Gravis)  Dit het my beweging aansienlik ingekort en ek het begin skryf en skilder as tydverdryf.  Ek skryf hoofsaaklik oor persoonlike lewenservarings en ondervindings.  Baie van die skryfwerkies het 'n Christelike boodskap en verskeie mense het reeds versoek om dit te lees.  Ek skryf hoofsaaklik  in gewone "plat"  praat Afrikaans maar het ook 'n paar Engelse stukkies geskryf.  My styl is ondervang in "Digresep".

Ek verwelkom eerlike kommentaar en  kopiereg  voorbehou.
Wat is schatz  ?  Kom ek stel dit so "It takes two to tango" en schatz beteken liefling of skattebol in Duits.  Ek is schatz vir my vrou en my vrou is schats vir my ! Sy is duitsmagtig.  Ek skryf en lewer kommentaar. Sy doen die "e-posse" en checking.  Ek is afrikaans en sy is engels, maar ons huistaal is Afrikaans.  Dus is dit boertjie en rooinek wat hier saamwerk.  Goeie genugtig nê ! Kan jy dit glo ?  Ons kom nogal goed oor die weg.  Waarom skryf ek ? En waarom soek ek kommentaar ?  Kom ek verduidelik dit so : 

Skryf is soos my koffie en tee.
Die suiker en melk is wat julle gee.
Koffie en tee sonder suiker is bitter.
Melk maak die tee skoner en witter.
Die lewe is klaar swart en bitter.
Kommentaar maak harte skoner en witter.
Suiker neem weg lewens bitter.
Lekker man, dis lekker, ek dink.
Om soet, wit koffie en tee te drink.
So hou aan met skink
Dit hou die lewe lekker blink.
Aitsa ! - Hoe klink dit ?
 

Ek is stil en my pen ook !  Ja by my gaan dit dol -  Ons droog nou vanaf November tot April vrugte.  'n Mens is maar moeg, maar ek lees nog tussen deur van die skryfwerkies en geniet dit baie -  Sterkte aan julle almal en een van die dae is ek weer op my pos met pen en woorde ! 



Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar