Gedoriewaar se profielblad

Gedoriewaar

Inligting oor Gedoriewaar

Bydrae-kategorie: Rubrieke

Lid vir 8 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 22 ure


VOORWOORD: Ek is geen literêre reus nie, en maak ook nie aanspraak op enige titels nie. My stories is dalk deurweek van taal en gramatikale foute, maar ek gee nie om nie. My Afrikaanse woordeskat nie hoogdrawend nie, maar eng, platvloers en beperk. Ek skryf soos ek praat en ek skryf omdat ek dit geniet. Ek soek nie roem nie en ook nie erkenning nie... al wat ek vra, is dat jul my stories geniet.

Nefie sê telkemale vir my : "Antie praat darem nou k.." Nee wag, laat ek liewer nie die Plaas-Afrikaans hier gebruik nie...

Hy glo gewoonlik nie 'n enkele woord wat uit sy antie se mond kom nie. Met die jare saam, sien mens gewoonlik dinge in 'n ander perspektief en die jongmense... die jongmense het hul eie manier van dinge doen en sien.

Ek dra bril, ja! Maar die lense is nie rooskleurig, goud of silwer soos die byderwetse brilletjies van die jonges nie. Daarby bedoel ek nie dat ek nie 'n sin vir humor het nie. Ek sien die wêreld uit 'n ander hoek uit, al is dit nou net uit ‘n skuins hoek van my voorstoep af... Glo my maar, ek is nog nie kêns nie. Ek weet waarvan ek praat...!

Meer oor die skrywer:

Ek hou van my privaatheid, daarom verkies ek om te skryf onder ‘n skuilnaam. Ek hoop in der waarheid, ek hoef ooit my ware identiteit bekend te maak nie. Daar is net drie mense wat weet dat ek skryf. Nefie, my kleindogter Leila en 'n boesem vriendin. As my wederhelf moet uitvind ek hou my met sulke “snert” besig, is daar weer huismoleste en buitendien takseer mense op die platteland jou baie gou op jou baadjie.

Tant’ Gedorie:

Dorothea Gertruida (Dorie) van Helsdingen, Nee Potgieter.
Gebore, 25 April 1933, Putsonderwater. Geskool te Putsonderwater Primêre Skool, 1938 – 1944.
In 1951 trou sy met Jakobus (Koot) Petrus Johannes van Helsdingen van die Plaas, nie die dorp, Witgatworteldraai.

Haar oudste seun, Pieterjan, word op 12 November 1954 gebore en haar dogter, Klein Dorie (Dorothea), aanskou op 10 Mei 1958 die lewenslig.

In 1955 begin Tant’ Gedorie kinderverhale skryf, merendeels vir haar eie kinders en ook later kleinkinders, maar nie een van die verhale word gepubliseer nie.

In Januarie 2010, skenk haar seun aan haar ‘n rekenaar en die skryflus byt haar weer. Nefie sorg vir ‘n draadlose internet konneksie en die tante se stories word op haar blog, Gedoriewaar, gepubliseer. Die skrywery geskied maar stadig, juis omdat sy dit skelm gedoen moet word... Hoe lank sy vir Oompie en die res van die gemeenskap in die duister gaan hou, is opsigself ‘n storie in eie reg. Intussen wag talle sosiale netwerk gebruikers in afwagting op nuwe stories en daaglikse kwinkslae...

Let wel: Oom Koot of Oompie, soos almal hom noem, het geen verbintenis met die karakter in André P. Brink se verhaal “Die Geskiedenis van oom Kootjie Emmer van Witgatworteldraai” nie. Ooreenstemming met dorpsnaam en plaasnaam is ook toevallig.

Karakters:

Familie:

Kleinpiet – Kleinseun
Gertjie (Gertruida) – Kleindogter
Janneman – Kleinseun
Leila – Kleindogter
Nefie Gotpieter Potgieter – Gay broerskind en die tante se mentor

Plaaswerkers:

Jantjie en Sarah



Gedoriewaar se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 11
Totale kommentaar : 35
Aantal mense wat die bydraer volg : 1

Geen nuwe bydraes deur Gedoriewaar

 

DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar