Bydrae-kategorie: Rubrieke & Gedigte
Lid vir 3 jaar 9 maande 6 dae 22 ure 31 minute
Skryf is om dit wat hier binne in my groei en brand te lanseer op papier. In Afrikaans is dit soveel meer dinamies, ekspresief, bekend en geliefd hier waar ek ver is van my moskombersies. Ek is kreatief, innoverend en meestal onkonvensioneel. Ek will eerder my uniekheid vier as om aan die verwagte, vooropgestelde standaarde van ander te voldoen. Ek hou van nuwe uitdagings en het altyd baie ysters in die vuur om verveeldheid hok te slaan. My grootste passie en vreugde in die lewe is om in ander mense se lewens te belê...maar vir nou is hierdie my bederf. My skryf oor menswees wat saak maak...

Woestyngogga se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 33
Totale kere gelees : 17,273
Totale kommentaar : 103
Aantal mense wat die bydraer volg : 9
Geen nuwe bydraes deur Woestyngogga

Woes-Nuus
Gedigte

deur Elzabe Young Heyns
'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.