Harriet se profielblad

Harriet

Inligting oor Harriet

Bydrae-kategorie: Gedigte

Lid vir 14 jaar 3 maande 1 week 2 dae 11 ure


Moet nooit ophou glimlag, bly altyd glo en onthou Iemand daar bo is baie lief vir jou!

‘n Mens is soos ‘n Kosmos wat groei in verlate vlaktes en waarlangs net een pad loop. Geduldig en gedwee wag jy dag na dag vir iemand om op jou pad te kom. Iemand wat jou sal raak sien. Iemand wat jou sal huis toe neem. Wilde winde waai jou soms deurmekaar en donderstorms kneus jou hart. Die skreeuwarm son suig die laaste bietjie hoop uit jou uit en jy laat sak jou kop. Maar iewers binne jou steek ‘n anker nog vas: “Iemand gaan kom! Iemand MOET kom!”

Baie mense kruis ons pad en net soos die Kosmos vra om gepluk te word, smag elke mens na aanvaardig en ja, ‘n bietjie liefde. Party mense pluk jou soms net om jou weer neer te lê en so verwelk ons harte. Die vrees van nog ‘n teleurstelling weerhou ons om al hoe meer te blom. Hopeloos en verlep lê jy gevoelloes op die koue grond. Geen vrees dat iemand dalk op jou sou trap, inteendeel wens jy dit.

Saggies voel jy ‘n warmte om jou. Jy lig jou kop effens en voor jou staan iemand wat na jou kyk. Vasgeklem, maar beskermend lê jy in die holte van haar hand. Jy word in ‘n vaas met koue, koue water gesit en elke nou en dan kom kyk sy na jou. Paar dae gaan verby en jou worteltjie het klomp klein worteltjies geskied. Knoppies het begin gevorm en voor jy jou kon kry staan en pronk jy in jou eie blommetuin.

Alles in die lewe is ‘n keuse. Jy kan bepaal hoe jy vandag gaan voel! Maar dit maak dit net soveel makliker as jy weet daar is iemand wat in jou glo, iemand wat jou leer om in jouself te glo. Dit is nie hoe jy begin nie, maar hoe jy eindig.

My gedigte is die padkaart van my lewe. Alles wat ek al deur gegaan het en oorkom het. Woorde is my passie en dit is my manier van uitting gee. Elke mens het 'n gawe gekry, en deur te skryf glo ek gee ek my God eer. Deur baie van my gedigte wil ek vir my "Mamma" dankie sê. Dankie "Mamma" dat jy hierdie verlepte blommetjie raak gesien het. Alles wat "Mamma" in my lewe in gesaai het, het ek geneem en toegepas. Dankie "Mamma" dat jy nooit ophou glo het in my. Dankie dat jy geweet het diep binne in my kruip 'n sterk en dapper meisie weg. "Mamma" jy was en is nog steeds my ligtoring van hoop waardeer my God vir my skyn. Kyk "Mamma", ek het in ‘n bossie blomme van geloof verander. Mamma, ek hoop jy is trots op my!




Harriet se bydrae statistieke

Totale werk gepubliseer : 123
Totale kommentaar : 58
Aantal mense wat die bydraer volg : 1

Geen nuwe bydraes deur Harriet

     

    TRILOGIE

    deur Warra-Warra

    Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar