Bydrae-kategorie: Rubrieke, Kortverhale & Gedigte
Lid vir 9 jaar 4 maande 2 weke 1 dag 20 ure
Hallo daar Woes-mensies
Ek is JELLYTOT
Ek is gebore in Kimberley, maar woon tans in NKZN - nee ek is ver van die see af :(.
My liefde vir skryf het begin toe ek nog op skool was. Moes 'n gedig in Engels skryf en ek doen sowaar die beste in my klas! En daar het die gogga my gebyt. Seker ook maar omdat ek 'n KREEF is. Sê mos die kunste is in ons bloed. Ek lief skryf
Toe ek begin werk het, het die gogga weer gebyt, maar was te besig en die skryftalent het dormant gaan lê. Eendag soek ek gedigte en land op WOES en nou kan ek nie genoeg kry nie. Jul werk inspireer my baie. Daar is baie van julle wie se gedigte ek in regte lewe sou kon gebruik om situasies te kon vertolk... Baie dankie aan elk een wat daartoe bygedra het dat ek vandag op WOES kan dig. En Rudi.. ek leer baie by jou. Dankie vir elke woord van wie dit ook al kom, elke kritiek. Dit help om rigting te vind. Ek try maar om die beste te maak... ek skryf uit my hart uit... nie altyd waar dinge nie...maar soos dit by my opkom.... of ek pas werklikheid aan om bietjie meer "volume" te gee... soms rym dit, soms nie, dus wat jul ook al kry, is wat jul kry.. of jul daarvan hou of nie....
Alles is oorspronklike werk en ek behou die kopiereg van dit.
Groetnis
JT
JELLYTOT
Jellytot se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 58
Totale kommentaar : 166
Aantal mense wat die bydraer volg : 3
Geen nuwe bydraes deur Jellytot
deur Bart
Bart is 'n geliefde karakter met 'n groot aanhang, en publikasie van die briewe was 'n noodwendige reaksieop die aandrang van die lesers.