Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke & Gedigte
Lid vir 4 jaar 1 maand 1 week 4 dae 13 ure 26 minute
Ek is Johannes Burger Swart, gebore op die 1ste November 1896 op die plaas Koesanie (distrik Swellendam) in die ou opstal van Koeranij. My ouers is Matthys Johannes Swart (geb 1861) en Jacomina Elisabeth (Burger) (geb 1882). Ek was een van 11 kinders. 2 is oorlede voor hul derde verjaarsdag. My broers was Lourens Gildenhuys (Loutjie, sy nageslag boer op die plaas Kinko), Matthys Johannes (Thys, sy klein kinders boer vandag op Koesanie) en Johannes Cornelis (Jannie, sy seuns besit nog die plaas Rustwijk waar my ma se mense geboer en begrawe is). My liewe susters was Petronella Anna, Johanna Christina, Jacomina Elisabeth, Susara Johanna (Sarie) en Maria Magdalena. In 1918 het die Kakie pes, soos die Groot Griep epedemie genoem was in die’ tyd toegeslaan. My hele huisgesin was plat getrek. Ekself sterf aan die griep op 15 Oktober 1918 op ’n jeugdige ouderdom van net onder 22 jaar. (Lees by brokkies: Die Kakie Pes – Spaanse griep van 1918 waar MER oor die toestand in ons huis berig. ) (vir nog meer oor toestande tydens 1918 griep lees gerus die skrywer Christal se "Ouma se brief- Oscar se portret)
Saam met my broers en susters het ons gereeld aan die debats vereeniging’s deelgeneem en ek wil met u graag deel van die gedigte en opstelle wat deur myself asook lede van my gesin geskryf is. Van die skrywe het ongelukkig nie name op nie. Van hierdie skrywe’s is reeds ouer as 100 jaar. Ekself was bevooreg om privaat lesse te kon kry by die bekende skrywer M.E.R. Hierdie feit het heelwat te doen met my skryf talente.
Ek hoop elkeen kry die ou Afrikaans gelees, daar is ook heelwat in Hoog Hollands. Lekker lees, maar onthou daar is kopiereg op al hierdie skrywe. Slegs prof Bun Booyens destyds verbonde aan Kultuur geskiedenis van die Universiteit van Stellenbosch, het terwille van kultuur geskiedenis destyds kopie gemaak.
My stamboom kan gesien word by die vlg skakel:
http://www.myheritage.com/FP/immersive-family-tree.php?s=51939611&familyTreeID=1
J.B. Swart
Foto's:
Die plaas huis op Koesanie vandag, gebou in 1914. ( Lees Kakie Pes- Groot griep van 1918 oor die siekte van die familie in die huis.)
Ek sittend voor met 2 van my broers Thys agter en Jannie lings voor, Juf Muller die inwonende onderwyserres in die middel, asook 5 van my susters. (Foto geneem ca 1907/1908)
Groot famiie foto. Ek sit voor in die middel met die hoed op die skoot. Agter my met wit baard, sit oupa Lourens Geldenhuys Swart en my vader Matthys Johannes Swart sit twede, lings van oupa met kleinboet op sy skoot. Foto 1905.

Johannes Burger Swart se bydrae statistieke
Totale werk gepubliseer : 29
Totale kere gelees : 26,554
Totale kommentaar : 30
Aantal mense wat die bydraer volg : 5
Geen nuwe bydraes deur Johannes Burger Swart

Rubrieke
Gedigte
Woes-Nuus
