John Baxter se profielblad

John Baxter

Inligting oor John Baxter

Bydrae-kategorie: Rubrieke, Kortverhale & Gedigte

Lid vir 2 jaar 9 maande 1 dag 17 ure 48 minute


Woes is 'n lekker omgewing van stories en van verlore raak in gedagtes. Hier kan ek my geheime wêreld (wat net ek en Dolla ken) onder ‘n skuilnaam kom uitleef, beleef en herleef. Dit is vir my wonderlik om te kan skryf oor stukkies wysheid wat mens so langs die pad optel, oor verlange, versugtinge, liefde, geloof, sommer oor alles!
 
Ek het geen opleiding as skrywer nie en skryf maar goedjies soos dit in die hart kom. Wat ek hier skryf is nie noodwendig van toepassing op myself nie. Soms is dit net 'n klankbord vir ander se lief en leed. Dit is wonderlik om te kan deel met en in die wonderlike dinge van WOES mense! Dankie vir die voorreg! 

Sou jy dalk my werk raaklees, sê ek byvoorbaat kniebuigend baie dankie vir jou belangstelling. Dit word opreg waardeer. Enige insette is altyd welkom. (Ek mag dalk 'n emosionele wipplank wees, maar is nie fyngevoelig nie. :-))


My werk is my eie en ek behou kopiereg. ©

Groete!



LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar