Karen van der Merwe se profielblad

Karen van der Merwe

Inligting oor Karen van der Merwe

Bydrae-kategorie: Rubrieke, Kortverhale & Gedigte

Lid vir 7 jaar 8 maande 1 week 5 dae 4 ure


Dit het my nogal lank geneem om te besef dat skatte nie noodwendig hoef te blink nie.  Dat dit nie altyd in die vorms van diamante en smaragte of gladde perels voorkom nie.  Ek onthou nog hoe ek as kind kon droom oor hoe my lewe sal lyk as ek eendag groot is.  Daar was natuurlik die ridder op die wit perd, wat my op sy kniee,  omsingel deur ‘n magdom rooi rose,  gevra  (eintlik half gesmeek het) om sy vrou te word.  Daar was ook die pragtige kasteel met groen grasperke,  met ‘n slaaf vir elke ou klein werkie in en om ons kasteel.  Ons soet kindertjies wat met hulle silwerskoon kleretjies rondhardloop en speel sonder om vuil te word.  En die hond en die kat, en die pragtige wit eendjies wat almal alte vreedsaam saam stap na die riviere van melk en heuning…

Ek het maar alleen groot geword.  My 2 boeties is jare ouer as ek, so ek is ‘n laatlam meisiekind en daar was vir my baie tyd om in my eie wereldjie rond te speel en te droom.  Dit was wanneer ek so op my eie in my eie wereldjie rondgespeel het wanneer ‘n stilte my kom vertel het dat ek nie alleen is nie.  So het ek God leer ken.  Ek onthou nog die duisende redenasies wat ek as kind met die Here kon aanknoop.  Die min begrip en wanbegrip waarmee ek soms radeloos voor Hom gaan sit het.  Die gunste wat ek vol vertroue gevra (en aangebied het).  Die beloftes.  Soos ek ouer geword het,  die baie vrae.  Die hoop, die wanhoop,  die nuwe moed,  en die soms moedeloosheid. Die realiteite.   Die talle verdwaalde paaie.  Die gryp na Sy Hand wanneer die afgrond te steil raak.  Die gaan sit by Sy voete as dit te alleen raak.  Die BESEF net voor dit te laat raak.  Die selfverwyt wanneer dit te seer maak.

Die opdraandes was soms styl en die teleurstelling was soms groot.  Mens se fokus verskuif wanneer mens se illusies kwyn en jou lewensbagasie swaarder raak.  Mens se menswees verander wanneer jy kaalvoet loop en die grond onder jou voete voel.  My hart het verander toe ek besef het ek moet die kind in myself gaan optel want sy het groot geword.  Haar drome is nie my realiteite nie.  Maar haar God is nogsteeds my God en Hy het my bewaar tot waar ek vandag met my realiteite kan saamleef.  

Dis in daardie stil oomblike voor God waar ek my drome herken.  Waar ek besef dat ek nie die skatte in my lewe kan blinkvryf nie maar net kan koester.  Dis waar ek God self in my lewe sien en besef, ek is skatryk!  Ek lewe miskien nie my kinderhartdroom nie, maar my kinderhartdroom het LEWE gekry.

Karen van der Merwe

http://kvdm-writings-com.webs.com/

http://www.facebook.com/#!/karenvdmerwe

- EK BEHOU KOPIEREG OP AL MY SKRYFWERK

~©KVDM



Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar