Landes Berg se profielblad

Landes Berg

Inligting oor Landes Berg

Bydrae-kategorie: Artikels, Rubrieke, Kortverhale & Gedigte

Lid vir 11 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 8 ure


Toe ek een môre my oë oopmaak het, toe gebeur die lewe al klaar! Wat ek in die skool loop doen het weet ek nie meer nie, want ongeveer niks wat ek daar geleer het het ek ooit weer in my lewe gebruik nie. dis nou behalwe die somme en so.

Snaakse mense het my in my Lugmagdae ge-corner en van my 'n spy gemaak oor ek op die regte tyd op die verkeerde plek was. Of miskien was daai nou bietjie andersom...? Anyway, toe gebeur daar net rowwe lewe tot ek naand opgebruik was en my lewe was aan skerwe.

My pa het hoeka kleintyd mos vir my gesê dat as ek saam met omies, omies se games wou speel, dan moes ek nie getjank het nie. Maar hy het my nooit gesê van hoe seer dit binne-in 'n man se innerste binneste kan word van omies se games speel nie, en nou’s hy dood. Ek sou hom nog wou gesê het van hoe die einas met ’n man se binneste kan maak, later as jy self al ’n omie is. Maar toemaar ou Dad, jy sal trots wees op jou laaitie!

Ek het dit altyd reggekry om die binneste einas weg te steek. Die buitenste einas tel nie want hulle gee karakter!

Nou probeer ek maar wegkruip so tussen die woorde deur, ek moes dit baie tussen koeëls deur doen, maar die goed het nogal die geneigdheid om ’n man se binneste na vore te bring, en dis nou nie iets wat ek graag oor praat nie, die binneste van my, sien. Maar ek geniet dit om te skryf en ek besef vandag dat ek van my kinderjare af al moes geskryf het. Maar dan, ek sou mos nie toe al, al die ondervinding gehad het om mee te kon skryf nie.

Sien, ek glo mos dat mens skryf wat jy beleef. Al skryf jy net briewe vir jou ou skoolliefde van pure kwaadgeid, of liefde, of verlange, of iets soos daai, en smyt die goed weer weg, jy skryf altyd oor hoe die lewe met jou geneuk het. Dis of dit, of mense sien dit in jou woorde, die manier hoe jy die goed bymekaar gooi sien.
Ek het darem so tussen die swaarte deur dit reggekry om te leer van positiwiteit en hoe dit mens kan laat leef en probeer nou om almal rondom my met positiwiteit te slaan. Dis partykeer 'n helse jop, maar deur-en-deur die moeite werd om te sien hoe mense vorder en waartoe hulle in staat is wanneer hulle agtergekom het van positiwiteit.

Verder glo ek aan Nike se motto van, "Just do it!" Sien, die grootste fout wat mens kan maak wanneer daar probleme is, is om niks te doen nie en probleme kom gewoonlik mos na foute. Maar foute kan reggemaak word, met ander woorde, JUST DO IT!

So, tussen al die stories en goeters deur, geniet assegrootseblief tog my gedagtes en as jy daarvan hou, sê dan so. En, liewe maatjie, as jy nie daarvan hou nie, assegroot-gróótseblief tog, sê dan óók so!

Hoop jou dag skitter soos diamante!

Landes.



 


slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar